02/10/2025
Elkeen het sy plekkie om vol te maak. Elkeen uniek en besonders. Nie een kan uitgelaat word nie.
136 leerlinge van het saam hierdie meesterstuk gemaak van on eie klein Tafelberg in die Koue Bokkeveld.
Die kunswerk is 3m x 1.8m en bestaan uit 375 blokkies wat deur 5-13 jarige kinders geverf is.
Dis 'n heerlike voorreg om saam hierdie te kon doen.
Wel gedaan julle!