Lidi de Waal - Amptelike Blad

Lidi de Waal - Amptelike Blad ..... kuns en gedigte blad

my to-do-listjy kan meer water drinktrek ń onkruid uit of tweesit ń blom in ń pot in jou huisbou een klein bruggieprobee...
07/09/2026

my to-do-list
jy kan meer water drink
trek ń onkruid uit of twee
sit ń blom in ń pot in jou huis
bou een klein bruggie
probeer bietjie meer verstaan van iets of iemand
vryf oor ń hond se kop
vind een ietsie wat volmaak vervullend is
al is dit ń lekker koppie koffie
sit alle twyfel uit jou kop
verwyl ń bietjie tyd met iemand wat vir jou omgee. .
al is dit oor die foon
d**k oor die lieflike lente wat om die draai is
en luister of jy ń duif kan hoor koer
lees ietsie oor die liefde
tel ń mooi klippie iewers op
hou dit naby jou hart
en gee dit vir iemand wat ń mooi klippie
wat naby jou hart was
nodig het

ag hoe uiters arm sou ons weessonder mense se elkedagse aanraakal raak hulle jou nie rerig met die hande aan niedalk net...
04/09/2026

ag hoe uiters arm sou ons wees
sonder mense se elkedagse aanraak
al raak hulle jou nie rerig met die hande aan nie
dalk net in die verbygaan met vriendelike oë
of ń hartlike glimlag
ag hoe deprived sou ons wees
as ons heeldag kop af
oë neergeslaan grond toe
die goeie vibes wat mense na mekaar uitstuur
misvoel
kom laat ons die wêreld ń beter plek maak
kom laat ons voel

Miaau is ’n bundel gedigte oor die eiesoortige vreugde, liefde en wonder van katte. Gedigte wat jou laat glimlag, soms l...
03/09/2026

Miaau is ’n bundel gedigte oor die eiesoortige vreugde, liefde en wonder van katte. Gedigte wat jou laat glimlag, soms laat verlang, en jou weer herinner waarom hierdie wonderlike wesens so ’n groot plek in ons harte inneem.

As jy lief is vir katte, gaan jy jouself tussen hierdie bladsye raaklees. 🐱💛

Miaau – ’n klein stukkie katliefde om te lees, te koester en oor en oor na terug te keer.

www.lididewaalart.co.za

Het jy al jou kopie? Sal jy met ons almal deel wat die boek vir jou beteken?

Lidi liefde

ons het so daar gesittwee sadface sistasdie een die aanhoorderdie ander die uitpakker van emosies en seer goeterssy't ui...
02/09/2026

ons het so daar gesit
twee sadface sistas
die een die aanhoorder
die ander die uitpakker van emosies
en seer goeters
sy't uiteindelik al haar kaarte oopgegooi op die tafel
veel later toe sy ophou praat
en die wyn op was
en die tissues natgetjank en opgefrommel
het ons eers sonder woorde daar gesit
toe sê ek dis rerig fu**ed hoor
hierdie goed wat jy nou so ongevraagd
en die fok weet onverdiend
gekry het om mee te moet cope
hierdie albatros wat die lewe so om jou nek kom hang het
maar lets face it girl
daais nou een ding wat die lewe ons
oor en oor geleer het
oor en oor en oor
what does'nt kill you makes you mos stronger
en ek sê ten minste het jy nog wyn
en die kat
en toe lag sy dat die trane oor die kat spat
hy skud vies sy ore en slaap verder
en sy sê ja nee ten minste het ek nog hierdie
brolloks van ń bittergal se woertskat
en die wyn
en vir jou
©Lidi

ek d**k ek's ń ou boomń geelperskeboomwat lentetyd oorvloediglik bloeisels dramy knoetsige takke oortrek met groen blare...
01/09/2026

ek d**k ek's ń ou boom
ń geelperskeboom
wat lentetyd oorvloediglik bloeisels dra
my knoetsige takke oortrek met groen blare
my vrugte dra op sy tyd
heel somer lank
party somers sal die vrugtevlieē weliswaar
meeste van my vrugte vrot gesteek het
sodat dit voortydig neerplof grond toe
vir almal nutteloos
maar somtyds sou ek tot voordeel van baie
oorgenoeg hê om te gee
maar herfstyd wil ek my vrag afgooi
alles alles
tot ek heeltemal kaal daar staan
gestroop
met niks meer oor om te gee nie
dan wil ek in my knoetsige bruin kaalgeit
rus
ek d**k ek is ń ou boom
wat nou eers wil rus
maar ek kan nie
want ek is ń mens
en my boomruswense gaan nie waar word nie
not yet


Skilderye beskikbaar aanlyn: www.lididewaalart.co.za

01/09/2026

Custom aluminium and glass solutions for residential and commercial projects. Manufactured locally and professionally installed by HVS Aluminium & Glass.

30% AF OP GROOT PAINTINGS:In hierdie paintings het ek my hart en siel ingesit, my onsekerhede en my weer opstaan. Ek wil...
01/09/2026

30% AF OP GROOT PAINTINGS:
In hierdie paintings het ek my hart en siel ingesit, my onsekerhede en my weer opstaan. Ek wil hulle graag almal self hou, maar om den brode moet hulle soos hansie slim, die wye wêreld in.
(whatsapp my 0611 414504 )

as jy lucky is kry jy soms ń goudgeel dagdie blomme is geel en die sonen die aarde en die voeëls en die wolkeals is geel...
31/08/2026

as jy lucky is kry jy soms ń goudgeel dag
die blomme is geel en die son
en die aarde en die voeëls en die wolke
als is geel
ń goue geel dag goudter as goud
en binne in die geel is jy
en jy weet ń dag kan nie so geel wees
as die geel nie van binne uit jou uit kom nie
jy moet amper soos ń eier wees
wat allergeel oopgeel
en die geel moet geil giggel oor die ganse dag
die geel moet brander oor al hartseer nuus wat jy nie wou gehoor het nie
oor al die worries en die angs en die weet nie's
die geel moet bottersag vou om als
sodat mense hul deure sal oopgooi
en die geel gulhartig sal innooi
totdat almal sal sê goeie goeie genugtig
maar dis ń goeie gaaflike geel dag
©Lidi

'n totale woordloosheidhet in my kom nesmaakmy mond wil ook nie juis oopgaan niemaar as my mond sou wou oopgaandan d**k ...
29/08/2026

'n totale woordloosheid
het in my kom nesmaak
my mond wil ook nie juis oopgaan nie
maar as my mond sou wou oopgaan
dan d**k ek steeds nie
woorde sou wou uit nie
ek weet nie of my praat ooit weer sal terugkom nie daar het 'n lamte
van gees en siel oor my neergedaal
ek settle in
ek hang my goeters op
ek maak mooi
dit raak al hoe meer van 'n soothingness
om weer my goeters orals te sien
dit was jirrlik om die ou badkamer te sien lewe kry
ek lê en lê in die eens onooglike bad
in die eens onooglike badkamer
oor dit so lekker is -die warm water en die stilte
my kop d**k
en hy weet in die die ou lyf van my
is daar nou nie meer een trek oor nie
nope hu uh nee
dalk het my woorde besluit
dié keer kan ek alleen trek
hulle trek wragtig nie weer saam nie
tot my fok is weg
want daai woord het die week
nog nie een keer by my opgekom nie
Anyway trek is swaar
dit laat jou iets wen
en dit laat jou iets verloor
©Lidi

Address

Wellington
7650

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 17:00
Sunday 09:00 - 17:00

Telephone

073 174 1011

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Lidi de Waal - Amptelike Blad posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category