Breytenbach Sentrum

Breytenbach Sentrum Kultuursentrum vir opleiding in, en omgang met beeldende kunste, musiek, drama en skryfkuns. Kom deel.

Die Breytenbach Sentrum, wat rofweg 150 jaar gelede gebou is, was die woning van vele eienaars. Dit was eers die Commercial Hotel voordat dit in die laat 1890’s verkoop is as studentehuis. In die vroeë veertigerjare was die huis die basis vir die Wellingtonse Voortrekkerkommando, voordat Hans en Kitty Breytenbach (eers van Riversdal) Grevilleas in 1953 as losieshuis gekoop het. In 1974 verkoop die

Breytenbachs die huis aan die Wellingtonse munisipaliteit, wat dit benut as daghospitaal. Op 23 Februarie 1998 is die eerste kontak met Breyten Breytenbach gemaak om uit te vind of hy en sy familie daarvoor te vinde sal wees as hulle voormalige ouerhuis as kultuursentrum gevestig word. Op 10 Maart 1998 reageer Breyten positief deur te sê dat hy en sy familie so ’n projek heelhartig sal steun. Eugenie Wiggins, Johan Conradie en Manie en Winnie Rust was die inisieerders en dryfkragte agter die idee van ’n kultuursentrum. Na vele onderhandelinge met die munisipaliteit is die huis aan die Breytenbach Sentrum se Raad van Trustees oorgedra. Die huis was op daardie stadium in ’n vervalle toestand en dit was ’n lang proses om die nodige fondse te bekom om die huis te restoureer. Op 23 Februarie 2005 skenk die Nasionale Lotery (Lotto) voldoende fondse om die restourasie-proses moontlik te maak. Twee jaar later, op 26 Februarie 2007, is die Breytenbach Sentrum – met sy klassieke argitektuur en unieke, ouwêreldse sjarme - geopen. Met die grootse finansiële hulp van dr. Johann Rupert en mnr. Ton Vosloo, is die Breytenbach Sentrum in staat gestel om in 2008 volstoom weg te spring met vele bemagtigingsprojekte.

11/06/2026
Prof Hannes van der Merwe het sy boek "Houdenbek 200" by die Breytenbach Boekklub bespreek. Dit gee konteks aan die bloe...
10/06/2026

Prof Hannes van der Merwe het sy boek "Houdenbek 200" by die Breytenbach Boekklub bespreek. Dit gee konteks aan die bloedige slaweopstand van 1825 op die plaas Houdenbek in die Koue Bokkeveld. André P Brink het 'n roman oor dieselfde gegewe geskryf. Prof Van der Merwe is n nasaat van die plaaseienaar Willem Nicolaas van der Merwe, en is 'n navorsingsgenoot aan die Sentrum vir Geografiese Analise en professor emeritus aan die Departement Geografie en Omgewingstudie, Universiteit Stellenbosch. Hy het met Daniël Lötter gesels.

Die Breytenbach Sentrum is besig om ’n omvattende versameling publikasies deur én oor Breyten Breytenbach op te bou. Ons...
10/06/2026

Die Breytenbach Sentrum is besig om ’n omvattende versameling publikasies deur én oor Breyten Breytenbach op te bou. Ons nooi die publiek om boeke, bundels, tydskrifte, artikels, vertalings, katalogusse, briewe, kunspublikasies en ander materiaal wat met Breyten verband hou, aan die sentrum te skenk.

Deur hierdie versameling saam te bou, help ons om ’n belangrike deel van ons literêre en kulturele erfenis vir toekomstige geslagte te bewaar.

Kontak André by [email protected] of stuur ’n WhatsApp-boodskap aan Jessica by 066 289 2212

Begin jou naweek met ‘n smullekker hoender-roti! Bestel via WhatsApp by Bianca 067 395 0343
04/06/2026

Begin jou naweek met ‘n smullekker hoender-roti! Bestel via WhatsApp by Bianca 067 395 0343

𝐒𝐞𝐧𝐢𝐨𝐫 𝐊𝐥𝐮𝐛𝐬 𝐝𝐞𝐞𝐥 𝐬𝐭𝐨𝐫𝐢𝐞𝐬 𝐯𝐚𝐧 𝐡𝐞𝐫𝐢𝐧𝐧𝐞𝐫𝐢𝐧𝐠, 𝐬𝐚𝐦𝐞𝐬𝐲𝐧 𝐞𝐧 𝐯𝐞𝐞𝐫𝐤𝐫𝐚𝐠𝐭𝐢𝐠𝐡𝐞𝐢𝐝Die Breytenbach Sentrum het onlangs senior burgers ...
04/06/2026

𝐒𝐞𝐧𝐢𝐨𝐫 𝐊𝐥𝐮𝐛𝐬 𝐝𝐞𝐞𝐥 𝐬𝐭𝐨𝐫𝐢𝐞𝐬 𝐯𝐚𝐧 𝐡𝐞𝐫𝐢𝐧𝐧𝐞𝐫𝐢𝐧𝐠, 𝐬𝐚𝐦𝐞𝐬𝐲𝐧 𝐞𝐧 𝐯𝐞𝐞𝐫𝐤𝐫𝐚𝐠𝐭𝐢𝐠𝐡𝐞𝐢𝐝
Die Breytenbach Sentrum het onlangs senior burgers van verskeie gemeenskappe in die Drakenstein-omgewing verwelkom vir 'n storievertelbyeenkoms, ’n geleentheid wat gefokus het op herinneringe, plaaslike geskiedenis, samesyn en die oorlewering van persoonlike en gemeenskapsverhale aan volgende geslagte.

Die gasspreker was Olivia le Cordeur, verbonde aan die Wellington Museum en ook ’n direkteur van die Breytenbach Kultuursentrum. Sy het saam met die bestuurder van die Breytenbach Sentrum, André Terblanché, in gesprek getree oor die belangrikheid van storievertelling, die bewaring van plaaslike geskiedenis en die skep van ruimtes waar daar sensitief omgegaan kan word met ’n verlede wat dikwels herinneringe aan gedwonge verskuiwings, verlies en onreg oproep. Die gesprek het ook die waarde van aktiwiteite vir senior burgers en die bou van verhoudings tussen verskillende senior klubs beklemtoon.

Verteenwoordigers van die senior klubs van Hermon, Soeterust, Bosman Adama, Gemoedsrus, Hillcrest, Wilgerboom, Newton en Gouda het die geleentheid bygewoon.

Na afloop van die gesprek het een deelnemer uit elke klub persoonlike herinneringe en lewensverhale gedeel — van die plekke waar hulle grootgeword en gewerk het tot die uitdagings wat hulle deur die jare moes oorkom. Die verhale het die ryk verskeidenheid van plaaslike ervarings belig en getuig van deursettingsvermoë, aanpasbaarheid en die waarde van samesyn oor gemeenskapsgrense heen. Hulle het ook gewys hoe herinneringe, mense en plekke steeds verweef bly, selfs wanneer gemeenskappe oor tyd verander of verskuif.

Die dag is afgesluit met ’n gesamentlike middagete en gesellige saamkuier.

Die Breytenbach Sentrum bedank graag Klaas Morkel vir sy inisiatief en samewerking in die beplanning en aanbieding van hierdie betekenisvolle byeenkoms.

Bosman Family Vineyards
Visit Wellington

𝐁𝐨𝐞𝐤𝐛𝐞𝐤𝐞𝐧𝐝𝐬𝐭𝐞𝐥𝐥𝐢𝐧𝐠: 𝑉𝑟𝑒𝑒𝑚𝑑𝑒 𝑉𝑜𝑠 🦊📚Die aflegging van onskuld is deel van menswees en kan soos ’n sikloon alles voor die v...
04/06/2026

𝐁𝐨𝐞𝐤𝐛𝐞𝐤𝐞𝐧𝐝𝐬𝐭𝐞𝐥𝐥𝐢𝐧𝐠: 𝑉𝑟𝑒𝑒𝑚𝑑𝑒 𝑉𝑜𝑠 🦊📚
Die aflegging van onskuld is deel van menswees en kan soos ’n sikloon alles voor die voet platvee, maar dit is ook moontlik om sin te maak van die storm. Vreemde vos is ’n tydlose verhaal wat geeneen ongeraak sal laat nie.

𝗕𝗲𝘀𝗽𝗿𝗲𝗲𝗸 by Jessica - 066 289 2212

Jonathan Ball Publishers Local
Bargain Books SA

02/06/2026

Address

14 Burger Street
Wellington
7655

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00

Telephone

+27662892212

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Breytenbach Sentrum posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share