24/02/2022
Anna-Bet Stemmet is 'n kopieskrywer en woordesmous wat nogsteeds nie kan glo dat mense haar betaal om heeldag in haar pyjamas te sit en skryf nie. As ma van 2 afstammelinge en Rosie die skaaphond, vrou van 'n vreeslike verdraagsame man en die trotse eienaar van 'n wispulturige ugroentetuin gaan sy selde plekke heen, behalwe op papier. Sy dig sporadies, meestal met 'n glasie wyn.
Niel van Deventer is ‘n filmmaker, ‘n man en ‘n pa.
Voor hy enige van bogenoemde was, was hy ‘n musikant, bier connoisseur en deeltydse skrywer van gedigte in kroëe.
Eintlik is alles maar net ‘n ewige strewe na balans.
Louis werk as aktebesorger en dien op die Breytenbach Sentrum se direksie. Hy speel kitaar in die rocknroll bands Orwellington en Raaskopleef.
Henry is 'n skrywer van Kleinmond. Hy het dagwerk, en hy het nagwerk.
Nardus en George is deel van die groep Die Kaalkop Waarheid en by Oopmond noem ons hulle sommer Groep 3 minus een. Hulle beskryf hulleself as 2 jafels wat sukkel om die grootmenslewe onder die knieg te kry.
Andries van Pretoria. Is dromer, soms digter en meestal pa van 3. Om te boet vir sy sondes moet hy die ysterkoei laat bloei uit die verlede, in die hede vir die toekoms.
Anouk is ’n voltydse Humanities-student, deeltydse digter en geleentheidsmusikant. Sy het ook nog nooit ’n series gekyk nie en ken die eerste 40 syfers van Pi uit haar kop uit.
Hanru Niemand is 'n singer songwriter van Durbanville. Hy sing onder die naam Tom Stop Waits Go.
Emma Aspeling is ‘n Kaapstad-kunstenaar wat met beliggaamde, abstrakte merkmaakprossesse, binne- en buitewêrelde ondersoek.
Kobie Meirng is ‘n kunslektor by CPUT wat merke-maak en die waarde daarvan vir brein-liggaam intra-aksie ondersoek.
Riaan Oppelt is ‘n Engelse dosent by US, waar hy sy PhD oor Louis Leipoldt geskryf het. Hy skryf toneelstukke en kort verhale. Hy fok rond met musiek en in sy liedjies verdwyn Kaapstad gereeld van die aardbol af. Hy’s van die Paarl en het gemengde gevoelens oor Wellington, waar te veel van Paarl se exiles bly en waar dit blyk dat hulle beter doen as in die Paarl.