Rissiepit/Cecily - Raak vir my rustig saam met jou eie Rissiepit

Rissiepit/Cecily - Raak vir my rustig saam met jou eie Rissiepit Versoeke, nuwe vrystellings en ligte onderwerp saam met jou eie Rissiepit weeksdae 9-12.

Weereens dankie vir almal wat gestem het.NR1 vir die 5de keer.. Hy kom weer huistoe!!! Louis Baartman - Stigter en Senio...
19/08/2026

Weereens dankie vir almal wat gestem het.

NR1 vir die 5de keer.. Hy kom weer huistoe!!!

Louis Baartman - Stigter en Senior Omroeper
Houtstok FM
Cecily Artist-Radio Presenter

https://www.facebook.com/share/1HwSW1YQ5K/
19/08/2026

https://www.facebook.com/share/1HwSW1YQ5K/

Andriëtte se lekker op die lippe, maar niks op die heupe groente.

Groente na keuse.

Hier is BV pampoen, baby sweet potato en broccoli in.

Spices is garlic salt, italian herbs, sout en swart peper.

Die groente is basies eintlik net gestoom, behalwe vir die mushrooms en uie wat effe gebraai word.

Sous is botter gesmelt met bietjie knoffel soos garlic butter en dan sap van een suurlemoen en potjie room stadig bygevoeg in die warm botter terwyl jy dit klits, anders skif dit en dan paar lepels vol parmesan kaas, so 3 of 4 eetlepels.

Dan gooi jy dit oor jou groente en bak in oond tot lekker deur warm. Yum! 😋

Eerste boetie Mufasa en sussie Kimba foto. Leo is hopeloos nog te onseker oor haar 😂 hy d**k seker watse rot het ma in d...
09/08/2026

Eerste boetie Mufasa en sussie Kimba foto. Leo is hopeloos nog te onseker oor haar 😂 hy d**k seker watse rot het ma in die huis los gelaat, maar hulle speel darem almal mooi saam. Gelukkige vrouedag van my en Kimba aan alle vroue daar buite.🦁 🐶 🥰

09/08/2026
09/08/2026
GELUKKIGE VROUE DAG.ONTHOU ENIGE GOEIE VROU WEET HOE OM 'NBRAAIBROODJIE TE MAAK. 🍞🍅🧅🧀🧈🧂
09/08/2026

GELUKKIGE VROUE DAG.ONTHOU ENIGE GOEIE VROU WEET HOE OM 'N
BRAAIBROODJIE TE MAAK. 🍞🍅🧅🧀🧈🧂

Vir vrouedag doen ons 🩷 baie vreemd in 'n huis vol seuntjie 💙
09/08/2026

Vir vrouedag doen ons 🩷 baie vreemd in 'n huis vol seuntjie 💙

Goeie dag HoutstokkersGun my die geleentheid om 'n paar minute van jou tyd op te neem oor iets wat my swaar op hart lê.H...
27/07/2026

Goeie dag Houtstokkers

Gun my die geleentheid om 'n paar minute van jou tyd op te neem oor iets wat my swaar op hart lê.

Houtstok FM is vir baie mense meer as net 'n radiostasie. Vir meer as 'n dekade is Houtstok FM deel van duisende mense se daaglikse lewe.

Soos menige ander gemeenskapsradiostasie ondervind ons ook uitdagings om te oorleef. Die pad is en was nie altyd maklik nie, maar een ding het nooit verander nie: ons passie om die Weskusgemeenskap te dien en 'n platform te bied vir Afrikaans as taal, plaaslike nuus en uitstekende musiek!

Houtstok FM is opreg dankbaar vir elke besigheid wat by ons adverteer. Julle ondersteuning maak dit moontlik dat ons elke dag kan uitsaai. Maar om 'n gemeenskapsradiostasie volhoubaar te bedryf, verg baie meer as net advertensie-inkomste en passie.

Miskien sit jy in jou voertuig, dalk is jy reeds op jou trekker op die plaas. Miskien drink jy ‘n koppie koffie, of dalk luister jy honderde kilometers van die Weskus af. Vir die afgelope agt jaar was Houtstok FM bevoorreg om 'n vertroude stem vir die Weskus te wees.

'n Stem wat saam met jou gelag het.
Saam met jou gehuil het.
Saam met jou gebid het.
Saam met jou fees gevier het.

En waar baie van die Houtstok FM omroepers oor die jare amper deel van jou familie en lewens geword het, dan besef ‘n mens elke dag opnuut wat Houtstok FM vir verskillende mense beteken.

Vir sommige is Houtstok FM die eerste stem wat hulle soggens hoor of musiek oppad werk toe. Vir ander is dit geselskap in die trekker of bakkie of werk. Vir baie van ons senior burgers is Houtstok FM die enigste stem wat hulle deur die dag geselskap hou.

Ons kry gereeld WhatsApp-boodskappe, foto's en soms video's van boere wat besig is om te plant of te oes, met Houtstok FM wat in die agtergrond speel.

Houtstok FM is baie meer as net 'n radiostasie. Dit het deel van baie mense se lewens geword.

Maar ongelukkig is die harde realiteit om 'n gemeenskapsradiostasie suksesvol aan die gang te hou, word dit elke jaar moeiliker. Daar is stasies wat nie oorleef het nie!

Ons luisteraargetalle groei konstant, meer mense luister Houtstok FM vandag as ooit tevore, maar die finansiële werklikheid het beslis nie verander nie. Die koste om op die lug te bly styg elke jaar maar ongelukkig het die advertensie inkomste nie teen dieselfde tempo gegroei nie. En dit is die GROOT probleem.

Daarom wil ek vandag met jóú gesels oor ‘n netelige saak - Houtstok FM het jou hulp nodig!

Houtstok FM is jou stasie.... daarom kom ek vandag met vrymoedigheid na jou toe en vra om Houtstok FM in die 2026 Telethon te ondersteun!. Elke bydrae help!

Saam kan ons dit doen en Houtstok FM se voort bestaan verseker!

Houtstok FM is Jou Stasie - Ons Toekoms

Die Houtstok Span bedank jou byvoorbaat!

09/07/2026

Die Walliese sanger Bonnie Tyler (75), wat bekend was vir haar liedjies "Total eclipse of the heart" en "Holding out for a hero" is in die ouderdom van 75 oorlede.

📌 Lees meer hier: https://brnw.ch/21x3ZXu

Address

Vredenburg

Opening Hours

Monday 09:00 - 00:00
Tuesday 09:00 - 00:00
Wednesday 09:00 - 00:00
Thursday 09:00 - 00:00
Friday 09:00 - 00:00

Telephone

+27815551006

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Rissiepit/Cecily - Raak vir my rustig saam met jou eie Rissiepit posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share