08/08/2026
Liewe vriende en kliënte,
Ek wil graag om verskoning vra dat ek die afgelope tyd nie baie aktief op my blad was nie. My geliefde mamma is onverwags op 8 Junie oorlede, en dit was 'n baie moeilike en hartseer tyd vir my en my familie.
Moet asseblief nie d**k dat ek nie meer op my blad is of dat ek opgehou het om bestellings te neem nie. Ek is steeds hier, maar die verlies was groot en dit neem tyd om daardeur te werk.
Indien jy graag 'n bestelling wil plaas, stuur gerus vir my 'n boodskap.
Ek het heelwat voorraad beskikbaar en sal graag kyk of ek het waarna jy soek. Indien ek dit nie in voorraad het nie, sal ek dit vir jou bestel.
Neem asseblief kennis dat vooruitbetaling vereis word op alle bestellings. Ongelukkig het ek in die verlede die koste van bestellings moes dra wanneer kliënte bestel het en daarna nie voortgegaan het met die aankoop nie.
Dankie vir julle begrip, geduld en ondersteuning gedurende hierdie moeilike tyd. Dit beteken vir my meer as wat woorde kan beskryf. ❤️
Dear friends and customers,
I would like to apologise for not being very active on my page lately. Sadly, my beloved mom passed away unexpectedly on 8 June, and it has been an incredibly difficult and emotional time for me and my family.
Please do not think that I am no longer active on my page or that I have stopped taking orders. I am still here, but coping with this loss has not been easy.
If you would like to place an order, please feel free to send me a message. I have quite a lot of stock available and will gladly check whether I have what you are looking for. If not, I will happily order it for you.
Please note that payment upfront is required for all orders.
Unfortunately, I have experienced situations where customers placed orders and then did not proceed, leaving me to carry the cost myself.
Thank you for your understanding, patience, and continued support during this difficult time. It is truly appreciated. ❤️