Kos stalletjies, Stalletjies, Bier Tent, Springkasteel, meganiese Bul. Ons bedank elke liewe sponser, donasie wat gemaak is, sonder julle kon ons dit nie 'n werklikheid gemaak het nie. Die algehele bewoning vir die dag was baie goed afgesien van die weer se invloed, ons het regtig goeie terugvoer ontvang van die publiek. Die weer het 'n groot impak op die dag gehad en het baie mense weg gehou, maa
r die noodkaapernaars word gelukkig nie so maklik afgeskrik nie. Met so 350 voete vir die dag, was dit 'n reuse sukses. Met 9 Bul ruiters wat die dag ons op ons voete gehad het, Coetzee Fourie, Renaldo Pringle, Jj Potgieter, Riaan Potgieter, Sarel Edward Van Aswegen, Simpiwe Kondile, Corline Beukes, Chani Beukes en Ruben van Straaten, was die manne behoorlik iets om oor te praat. Mans Bul ry Afdeling
1) Jj Potgieter
2) Riaan Potgieter
3) Renaldo Pringle
Dames Bul Ry Afdeling.
1) Chani Beukes
Corline Beukes moes ongelukkig onttrek agv 'n besering
Die Rodeo gogga het lekker gebyt en ons het drie jonges gehad wat ook sommer wou Bul klim. My hoof fokus is om die liefde vir die sport van Rodeo in die land te laat groei, op die regte manier en onder die wetgewing van SA Rodeo. Ons kan dit nie doen Sonder om hand te vat met die regte mense nie. Ons is almal mense wat baie lief is vir ons diere, en ons het 'n baie Groot respek vir ons diere. Ons het groot toekoms planne vir die sport in Suid-Afrika maar soos alles vat dit baie harde werk en baie beplanning. Ons sien julle by die volgende BBR "Berg Bul Rodeo" 2023. Bulle ry, Barrel racing, Western Horsemenship games, Perde boere sports, en nog
Kos stalletjies, Stalletjies, Bier Tent, Springkasteel, meganiese Bul. Vir stalletjies en besprekings kontank
Jana Shaw 0818466936
Bring jou Hoed, kampstoel, kazebo, kontant en goeie energie saam en kom deel in die dag se pret saam met ons. Datum vir Die BBR sal vroeg in 2023 bekend gemaak word.