Mrs Sew & Sew

Mrs Sew & Sew Mrs Sew & Sew shut her doors permanently as from 4th July 2014

Dit was ʼn rukkie gelede, om 16:00, die einde van ʼn era, toe die deure van Mrs Sew & Sew finaal gesluit het.  Hettie en A...
04/07/2014

Dit was ʼn rukkie gelede, om 16:00, die einde van ʼn era, toe die deure van Mrs Sew & Sew finaal gesluit het. Hettie en Antionette was die laaste klante om gebruik te maak van die winskopies met die uitverkoping. Die voorraad wat op hande is, is nou Lani se “stash”.
Baie dankie vir die wonderlike ondersteuning oor die jare en onthou, die sluit van die winkel beteken nie die einde van die lekker klets en kuier by Teddy Bear Lodge nie.

Something floating around on the ether; no plagiarism intended!
27/06/2014

Something floating around on the ether; no plagiarism intended!

26/06/2014

Hiermee ’n kennisgewing dat Mrs Sew & Sew volgende week sommer ’n lekker winterverkoping van al die materiaal in die winkel gaan hou. Die winterverkoping begin Maandag die 30ste en loop deur tot Vrydag 4 Julie. Ons sal elke dag van die week oop wees met die gewone ure van 09:00 tot 16:00. Al die materiaal sal verkoop word teen R120 per meter.

Hereby notice that next week Mrs Sew & Sew will be holding a mid-winter sale of all the fabric in the shop. The winter sale starts on Monday 30th and continues through Friday 4th July. We shall be open every day of the week for our usual shopping hours of 09:00 to 16:00. All the fabric will be sold at R120 per meter.

This morning the Pine Needles had an excursion from Pinelands to visit Mrs Sew & Sew, and it was a happy gathering that ...
25/06/2014

This morning the Pine Needles had an excursion from Pinelands to visit Mrs Sew & Sew, and it was a happy gathering that filled the shop with fun and laughter.

Gister het die speelgroepie van die Vlytige Vlinders by Mrs Sew & Sew gekuier.  Hier is Liana, Salome, Anneke, Magda, El...
25/06/2014

Gister het die speelgroepie van die Vlytige Vlinders by Mrs Sew & Sew gekuier. Hier is Liana, Salome, Anneke, Magda, Elrie, Alta en Lani.

Time to get the act together apparently.
24/06/2014

Time to get the act together apparently.

Die hoek van Diekie se "throw".
18/06/2014

Die hoek van Diekie se "throw".

Diekie se gehekelde kombersie vir die voetenend van haar bed is klaar.
18/06/2014

Diekie se gehekelde kombersie vir die voetenend van haar bed is klaar.

12/06/2014

Môre liewe kwiltvriendinne!
Ek en my liefie sit nou elkeen met ’n stomende beker boeretroos by ons kombuistafel. Troos is dit voorwaar na ’n koue opkikkerende stappie pad-af en heuwel-op terug huis toe.
Brian sit nou met sy neus in die koerant en ek met my eie gedagtes en RSG se melodieë as geselskap. Lekker om afgetree te weees....
Volgende Maandag, 16de, is ’n vakansiedag en Mrs Sew & Sew sal natuurlik nie oop wees vir besigheid nie.
Dan kom Woensdag die 18de - . Mrs Sew & Sew is gevra om lappies te smous by Boland Kwiltersgilde. Ons sal noodgedwonge die oggend moet gesluit wees, maar sal beslis weer die namiddag vanaf 2-uur beskikbaar wees vir ons klante.
Baie dankie vir die verdraagsaamheid met onverwagte reëlings wat oor ons pad kom.
Groetnis, al bibberend,
Lani

Dear quilting friends!
My hubby and I are sitting at the kitchen table, each with a mug of steaming coffee; a real comfort after a cold, invigorating walk down the hill and then uphill all the way home again.
Brian has his nose in the newspaper and I’m sitting with my own thoughts and the melodies on RSG for company. It is just great being retired.
Coming Monday, 16th, is a holiday and Mrs Sew & Sew will naturally not be open for business.
Mrs Sew & Sew has been invited to be the fabric vendor at the meeting of the Boland Quilters’ Guild this coming Wednesday, the 18th. There is no choice, we shall once again have to shut shop but will definitely be available for our customers after 2 pm.
Thank you for your understanding with unforeseen arrangement crossing our path.
Greetings, all shivering.
Lani

Na maande en maande se harde werk is Mrs Sew & Sew se nuutste appliekkwilt uiteindelik "klaar"; nou is dit slegs die kwi...
08/06/2014

Na maande en maande se harde werk is Mrs Sew & Sew se nuutste appliekkwilt uiteindelik "klaar"; nou is dit slegs die kwiltwerk self wat wag. Net die ding vir hierdie koue, nat aande.

'n Vergroting van 'n stuk van Mrs Sew 'n Sew se nuutste skepping.
08/06/2014

'n Vergroting van 'n stuk van Mrs Sew 'n Sew se nuutste skepping.

28/04/2014

Dit is heerlik om terug te wees na ‘n 3 week lange vakansie in die VSA. Die drie vriendinne wat my vergesel het, het gesorg vir oneindige pret, maar dis mos altyd lekker om weer in jou eie bedjie te slaap. Verlangens na onse manne was natuurlik ’n groot negatiewe aspek tydens die vakansie. Mrs Sew & Sew het darem weer vol rakke!
Ek moet ongelukkig meedeel dat my winkel op Woensdag 30 April gesluit sal wees, maar Vrydag 2 Mei is ons weer voluit besig.
Jammer vir enige ongerief.

It is wonderful being back home after a 3-week holiday in the USA. The three girlfriends that accompanied me ensured that we had boundless fun but it is always such a pleasure to sleep in one’s own bed again. Naturally we missed our husbands terribly and that was the only negative aspect to the holiday. However the shelves of Mrs Sew & Sew are once again full of fabric!
Unfortunately I must inform you that my shop will have to be closed on Wednesday 30th April but on Friday 2nd May we’ll be back in full swing.
Apologies for any inconvenience.

Address

Stellenbosch
7600

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Mrs Sew & Sew posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share