25/08/2026
Die gesogte Klein Libertas Teater Tienertoneelfees Wisseltrofee. Die lig is een van die eerste ligte wat in die teater se dak gemonteer was in 1963. Nou reis die lig elke jaar saam die "Beste Produksie" van die fees. Hierdie jaar is Hoërskool Durbanville ("Asemrowers") die reisgenoot. Is dit dalk volgende jaar jul b***t? Hou sosiale media dop vir inligting oor 2027 inskrywings. Dit is dan ook ons 20ste fees!