05/09/2026
KINDERFEES | KLEIN MENSE, GROOT STORIES
Teater is nie net vir grootmense nie. Dit is belangrik dat kinders van jongs af die magie van ’n lewendige verhoog ervaar – om stories saam te beleef, hul verbeelding te prikkel en nuwe wêrelde te ontdek.
By die Toyota Stellenbosch Woordfees se Kinderfees wag daar ’n wêreld van stories, musiek, teater en avontuur vir jong feesgangers. Van Zonkie en die laaste boomhuis en Stinkie, los uit! tot Pieter en die Wolf: op orrel, Kaskenades! en meer.
Bring die kleingoed, kies ’n storie en maak van teater ’n feesherinnering wat lank bly.
3–11 OKTOBER 2026 | STELLENBOSCH
Kry die volledige Kinderfeesprogram en kies jou volgende avontuur:https://woordfees.co.za/feeskategoriee/kinderfees/