11/06/2026
Kus tot KwaNojoli: Gratis kreatiewe kursus vir opkomende skrywers
Die Jakes Gerwel Stigting & die Nelson Mandela Universiteit se Skool vir Tale: Afdeling Afrikaans en Fakulteit Opvoedkunde, nooi graag alle voornemende Afrikaanse skrywers en digters uit om aansoek te doen vir ’n gratis skryfwerkswinkel wat op die kampus in Gqeberha vanaf 29 tot 31 Julie aangebied word.
Dien EEN van die volgende in saam met ’n kort skrywersbio en volledige kontakbesonderhede teen 3 Julie 2026 by [email protected]
- ’n Kortverhaal (±2000 woorde)
- 5 gedigte
- ’n Hoofstuk uit ’n roman
Kom ontwikkel jou skryfwerk onder leiding van ervare uitgewers, dosente & gevestigde skrywers en staan die kans om gekies te word om verder jou manuskrip by die Stigting se Paulet Huis in KwaNojoli, Oos-Kaap, te ontwikkel.
Navrae aan Theo Kemp: [email protected]
Besoek ons Korf vir ander opkomende skrywersgeleenthede: https://jgf.org.za/hive/
| | | | | | | |