31/05/2026
Weer awesome regionals gewees by Talent Africa Vaal/Gauteng. So lekker om deel te wees van 'n fantastiese kompetisie wat die kinders die geleentheid gee om Supersterre op die verhoog kam wees.
Fantastiese 2 dae gewees saam awesome leerlinge....wonderlike ouers en familie wat ons studio kom ondersteun het vir die dag. Super trots op elk leerling wat gedans het, julle almal het pragtig gedans en ek is super trots op elkeen. Baie dankie vir elke ouer, familie en vriende wat daar was. Julle is almal puik en dis vir my so lekker om my passie met die kinders kan deel en elke keer te sien hoe hulle vorder in die dans. So lief vir elke danser van my wat op die verhoog geskitter het! Julle was almal awesome! Nou is dit oefen oefen vir Nationals!!!!