14/03/2024
Leroi du Preez is 'n regsgeleerde en passievolle waarnemer van die Amerikaanse politiek. Daar is amper niks wat hy nie van die Amerikaanse politiek verstaan nie. Hy is 'n vurige Trump ondersteuner en 'n Biden kritikus, maar sy insig in die Amerikaanse politiek, of jy nou van hom verskil of nie, is iets om na te luister.
Leroi het ingestem om in die aanloop na die verkiesing in November op 'n gereelde basis met Nuuspod te gesels om eerstens sy standpunte met ons te deel, maar ook om die Amerikaanse politiek vir die wat belangstel oop te breek en verstaanbaar te maak.
Die eerste twee van hierdie gesprekke sal aan almal beskikbaar wees, waarna dit gesluit sal word en dan net aan betaalde lede van Nuuspod beskikbaar gestel sal word. Hier is die eerste van ons gesprekke oor die Amerikaanse presidentsverkiesing.
In ons weeklikse gesprek met Leroi du Preez in aanloop tot die Amerikaanse presidentsverkiesing vra ek vir hom of Trump 'n goeie president was en of Amerika ...