RATEM Riversdal

RATEM Riversdal Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from RATEM Riversdal, Performing Arts, Riversdale.

ONTHOU DIE DATUM

Ratem Eisteddfod 2026
24 - 27 Aug '26

Verkwik jou in die Kunste saam met ons in Riversdal!

2026 RATEM PROGRAM:
https://bit.ly/Ratem_Program_2026

2026 SILLABUS:
https://bit.ly/ratem2026_sillabus

02/09/2026
01/09/2026

Swellies het in groot getalle deelgeneem aan die jaarlikse Ratem Eisteddfod te Riversdal. Met kuns, drama, skryfwerk, dans, musiek en (ensemble)sang het die leerders gewoeker met hulle talente. Vir party was dit 'n eerste geleentheid en het die blootstelling gesorg vir nuwe inspirasie om verder te ontwikkel. Ons is trots op elkeen. Meer gedetaileerde uitslae sal in die skool se kwartaalverslag verskyn.

29/08/2026
28/08/2026
28/08/2026

RATEM EISTEDDFOD
Baie geluk aan Ludwig Maré (Graad 9), wat tydens die jaarlikse Ratem Eisteddfod aan die drama-afdeling deelgeneem het.
Ludwig het die volgende prestasies behaal:
• English Poetry – Goud
• Afrikaanse Monoloog – Goud Plus
• Wenner van die trofee vir die algehele beste hoërskoolseun
Ons is baie trots op jou, Ludwig. Baie geluk met hierdie besondere prestasies!

28/08/2026

RATEM EISTEDDFOD

Die Rolling Oaks het in die afdeling Hoërskool Orkesgroepe ’n A+ behaal.

Baie geluk aan ons Bulle met hierdie besonderse prestasie! Ons is baie trots op julle.

RATEM EISTEDDFOD WEEK 2026 – DANKIE! En so het ’n week vol talent, musiek, drama, dans, kuns, fotografie en die gesproke...
28/08/2026

RATEM EISTEDDFOD WEEK 2026 – DANKIE!

En so het ’n week vol talent, musiek, drama, dans, kuns, fotografie en die gesproke woord tot ’n einde gekom.

Aan elke deelnemer wat sy/haar talent gedeel, voorberei, geoefen en die verhoog of kunsruimte aangedurf het – dankie dat julle RATEM 2026 besonders gemaak het!

Aan ons toeskouers: Dankie vir elke applous, elke aanmoediging en vir julle ondersteuning van ons plaaslike talent.

Julle maak dit die moeite werd!

’n Spesiale dankie aan ons beoordelaars wat hul tyd, kennis en kundigheid gedeel het en elke deelnemer met waardevolle terugvoer en aanmoediging verder gehelp het.

En dan natuurlik aan die instansies wat hul deure vir RATEM oopgemaak het:

🏫 Laerskool Volschenk – dankie vir die gebruik van die skoolsaal.
🏛️ Hessequa Munisipaliteit – dankie vir die gebruik van die Burgersentrum en Kleinsaal.
⛪ NG Kerk Moedergemeente Riversdal – dankie vir die gebruik van die kerk en kerksaal.

Aan almal agter die skerms wat gehelp het om elke afdeling, lokaal en geleentheid aan die gang te hou – ons waardeer julle!

RATEM Eisteddfod Week was meer as net ’n kompetisie. Dit was ’n week waarin mense hulself kon uitdruk, nuwe dinge probeer, talent ontwikkel en saam die kunste vier.

Dankie, Riversdal. Dankie aan elkeen wat deel was van RATEM 2026.

Verkwik jou in die kunste!

27/08/2026

Address

Riversdale
6670

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when RATEM Riversdal posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share