05/09/2026
Tare e ra hâ? / Wat Bly? / What Remains?
Vandag vier ons as Nama Khoi Productions Erfenismaand met ’n besondere vraag:
Tare e ra hâ? / Wat Bly? / What Remains?
Ons kyk na ons erfenis as Khoi-mense en staan stil by dit wat steeds deel van ons is — dit wat ons bewaar, vier en met trots aan die volgende generasie kan oordra. Ons taal, kultuur, identiteit, erfenis, kulturele danse en musiek is alles deel van dit wat oorbly en waarvoor ons dankbaar kan wees.
Maar vandag vra ons ook vir jou:
Wat het jy om voor dankbaar te wees?
Wat bly vir jou oor?
Watter taal, verhaal, tradisie of deel van jou identiteit wil jy met ons deel?
Kom kuier saam met ons, bring jou stoel en bring jou storie. Kom deel jou taal, jou kultuur en jou identiteit met ons en geniet ’n dag van gesprek, kultuur, musiek en dans.
📍 Nama Khoi Productions Community Arts Centre, Sanddrift
📅 Vandag — 5 September 2026
⏰ 15:00
Kom vier saam. Kom deel saam. Kom onthou saam. Want wat bly, is wat ons saam dra.
Hierdie geleentheid is ook deel van die aanloop na ons 5de jaarlikse International Khoikhoi Languages Week 2026, wat van 1–7 Desember 2026 in die Richtersveld plaasvind.