18/06/2026
DIE KAROO HET WEER GESING 🌄🎻
Tussen die Swartberge en die oop Karoo-vlaktes het musiek weer sy tuiste gevind.
Vir drie dae lank het kerke, sale, teaters, strate en markies gevul met klanke wat mense laat droom, luister, lag en reflekteer het. Van opera en kamermusiek tot rieldans, marimbas en kinderprogramme – Gamka Klassiek 2026 het die ongelooflike verskeidenheid van ons kulturele landskap gevier.
Elke kunstenaar, elke noot en elke gehoorlid het bygedra tot ’n fees wat die hart van die Karoo weerspieël.
Dankie dat julle saam met ons hierdie reis aangepak het.
📸 : Pact Knipoog Media