Oud-Affiebond

Oud-Affiebond Oud-Affiebond (Afrikaanse Hoër Seunskool)

Doelstellings:

- Om die Oud-Affies se belangstelling in en verbintenis met die Skool se aktiwiteite aan te wakker en uit te bou.
- Om ‘n verantwoordelikheidsin en ‘n “kultuur van terugploeg” teenoor die skool te kweek.
- Om kameraadskap, samewerking en wedersydse ondersteuning onder ons lede te bevorder.
- Om die Bestuur en Onderwyserskorps van die Skool te bemagtig om die Skool die mees gerespek

teerde onderwys instelling in die RSA te maak.
- Om ‘n tuiste te bied waar oud-leerlinge inligting kan deel.
- Om nuus oor oud-Affies oor te dra.
- Om ‘n ondersteuningsnetwerk te skep vir oud Affies.

Die oud-Affiebond het met hartseer verneem van die afsterwe van Justus Rothman (matriek 1976). Die Bond betuig sy innige...
19/06/2026

Die oud-Affiebond het met hartseer verneem van die afsterwe van Justus Rothman (matriek 1976). Die Bond betuig sy innige meegevoel aan sy familie en vriende.

Stefan Jacobs (matriek 2022) presteer by die Amateur Kampioenskap in EngelandStefan Jacobs het ’n sterk vertoning gelewe...
19/06/2026

Stefan Jacobs (matriek 2022) presteer by die Amateur Kampioenskap in Engeland

Stefan Jacobs het ’n sterk vertoning gelewer in Engeland by die R&A Amateur Kampioenskappe. In die strokeplay-fase eindig hy in die 23ste plek met 'n telling van 4 onder baansyfer, genoeg om hom te laat deurdring na die matchplay-fase van die kampioenskap.

In die matchplay-fase dring hy deur tot by die 3de ronde (top 16), waar hy ongelukkig die knie moes buig.

’n Uitstekende prestasie teen van die wêreld se beste amateurs.

WILDSFEES: STAAN ‘N KANS OM ‘N JIMNY TE WENEen Suzuki Jimny 5-Deur word deur Afrikaanse Hoër Seunskool uitgeloot en een ...
19/06/2026

WILDSFEES: STAAN ‘N KANS OM ‘N JIMNY TE WEN

Een Suzuki Jimny 5-Deur word deur Afrikaanse Hoër Seunskool uitgeloot en een deur Die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria .

Ondersteun die Affie Wildsfees, koop jou Jimny-kaartjie en staan ’n kans om AHS se Jimny te wen.

R250 per kaartjie

Klik hier om jou kaartjie te koop https://affiewildsfees.co.za/wen-n-jimny

Die eienaar van die kaartjie moet 18 jaar of ouer wees.

Bepalings en voorwaardes geld. Volledige kompetisiereëls is beskikbaar by: www.affiewildsfees.co.za

Gemeenskapslotery geregistreer by die Nasionale Loterykommissie onder registrasienommer: NLC. 00553/01

Baie geluk aan oud-Affies Frans Venter (matriek, 2013), Stefan Venter (2013), Stephanie Potgieter, Jurgens Laas (2014) e...
16/06/2026

Baie geluk aan oud-Affies Frans Venter (matriek, 2013), Stefan Venter (2013), Stephanie Potgieter, Jurgens Laas (2014) en Ruan Coetzee (2006) wat die Comrades Ultramarathon, in die Affie-marathonklub se frokkies, voltooi het.

JP van den Berg, seun van wyle ds. Jannie van den Berg (1956), het ook die wedloop voltooi.

Welgedaan!

OUD-AFFIE WEN COMRADESBaie geluk aan oud-Affie George Kusche (matriek, 2016) wat vandag eerste oor die wenstreep van die...
14/06/2026

OUD-AFFIE WEN COMRADES

Baie geluk aan oud-Affie George Kusche (matriek, 2016) wat vandag eerste oor die wenstreep van die 2026 Comrades Ultramarathon gehardloop het.

George het die "Op"-wedloop se 85,777 km in 'n nie-amptelike tyd van 5 ure, 16 minute en 6 sekondes voltooi. Dit verbeter die tyd van Leonid Shvetsov wat 5:24:29 gehardloop het aan 'n roete wat so 800m korter was in 2008.

George word die tweede oud-Affie wat met hierdie gesogte eerste plek wegstap. George Claassen (matriek, 1933, op 16-jarige ouderdom) het die "af"-wedloop in 1961 gewen.

Dit is lekker om Jacques Rudolph (1999) in die Kommersiële kantoor as die nuwe Borge- en Verhoudingsbestuurder te verwel...
13/06/2026

Dit is lekker om Jacques Rudolph (1999) in die Kommersiële kantoor as die nuwe Borge- en Verhoudingsbestuurder te verwelkom.

Jacques het ‘n suksesvolle loopbaan as internasionale krieketspeler gehad en
het Suid-Afrika 94 keer verteenwoordig. Hy was ook kaptein van verskeie spanne, onder andere SA A-span. Hy het aan die einde van 2017 sy professionele krieketloopbaan beëindig en was sedertdien by verskeie besighede as
entrepreneur betrokke.

Ons sien met groot verwagting uit na die waarde wat hy met sy unieke vaardighede en leierskap tot die Affie-gemeenskap gaan toevoeg.

In sy eie woorde: ‘Dit is vir my ’n besondere voorreg om terug te keer na my alma mater - wat ’n belangrike rol in my persoonlike en professionele ontwikkeling gespeel het. Ek sien daarna uit om my ervaring, kennis en passie te deel tot die voortgesette sukses van die skool, terwyl ek die waardes van uitnemendheid,
integriteit en diens uitleef wat my tyd hier help vorm het. Ek is opgewonde om weer deel van die Affie-familie te wees en ’n positiewe bydrae te lewer’

Eenmaal 'n Affie, altyd 'n Affie.

Baie sterkte George Kusche!
13/06/2026

Baie sterkte George Kusche!

George Kusche het in 2025 sy Comrades-buiging met ʼn skaflike 12de plek gevier. Nou is dit ʼn jaar later en die 27-jarige oudleerder van Afrikaanse Hoër Seunskool is sterker, wyser en meer gereed vir die uitdaging.

Baie geluk aan oud-Affie Ruben van Heerden (matriek, 2015) wat by die Springbok-oefengroep ingesluit is.Affies is trots ...
11/06/2026

Baie geluk aan oud-Affie Ruben van Heerden (matriek, 2015) wat by die Springbok-oefengroep ingesluit is.

Affies is trots op jou!

Baie geluk aan Stefan Jacobs (matriek 2022) met ’n uitstekende telling van -9 wat vir hom in die 4de plek laat by die St...
09/06/2026

Baie geluk aan Stefan Jacobs (matriek 2022) met ’n uitstekende telling van -9 wat vir hom in die 4de plek laat by die St Andrews Links Trophy in Skotland – een van die wêreld se mees gesogte amateur gholftoernooie.

Eenmaal 'n Affie, altyd 'n Affie!

Address

Lynnwood Road
Pretoria
0002

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Oud-Affiebond posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share