Die Dameskring

Die Dameskring 'n Kultuurorganisasie vir dinamiese Christenvroue wat Afrikaans bevorder asook 'n daadwerklike verskil in die gemeenskap maak. Ons erken mekaar se vermoëns.

In Augustus 1967 het Marthella Pretorius en haar man gewonder of daar ‘n Afrikaanse vroueorganisasie bestaan, met as doelbewuste strewe die uitbou van die Afrikanersaak. Nadat hulle al die bestaande vroueorganisasies bespreek het, het Marthella toenemend besin oor hoe so ’n organisasie tot stand kon kom en wie die inisiatief kon neem. Sy hoor ’n preek oor Jesaja 6:8 “Daarop hoor ek die stem van di

e Here wat sê: ‘Wie sal ek stuur? en wie sal vir ons gaan?’ Toe antwoord ek:”Hier is ek, stuur my.”

En: Die Dameskring word op 18 Oktober 1967 gestig! Marthella besef dat net een mens wat van ’n saak oortuig is, ’n groot taak kan aanpak… Sy was bereid om “gestuur” te word! Elke suksesverhaal in die geskiedenis van ’n organisasie is voorafgegaan deur die gehoorsaamheid van ’n individu. Vir Die Dameskring was Marthella Pretorius so ’n individu! Sy het in moeilike omstandighede ’n groot en edel taak met merkwaardige onderskeiding verrig. Met haar dinamiese, maar nederige, voorbeeld het sy vure in mense se harte aangesteek. Haar vermoë om ’n droom in ’n werklikheid te omskep, was ‘n inspirerende boodskap vir haar volgelinge. Die Dameskring het haar stigter verloor, maar die organisasie waarvoor sy só lief was en wat aan soveel vroue ’n nuwe visie, dinamika en betrokkenheid gebring het, leef voort! Ons huldig haar vir die inisiatief en daadkrag wat sy geopenbaar het om aan Suid-Afrikaanse vroue ’n eie staanplek in die Afrikaanse kultuurhuishouding te gee. Die Dameskring is ‘n kultuurorganisasie vir alle vroue, 18 jaar en ouer, wat Christenskap uitleef en Afrikaans praat; wat die grondslag, doelstellings en werkswyse van die organisasie onderskryf. GRONDSLAG:

Die Dameskring tree op volgens die riglyne van die Woord van God-drie-enig en in belang van alle mense in Suid-Afrika. VISIE:

Geïnspireerde Afrikaanse Christenvroue maak as leiers ʼn verskil in hul gemeenskap en in die breër Suid-Afrika. MISSIE:

Die Dameskring inspireer en bemagtig Christenvroue om as leiers en positiewe verskilmakers die Afrikaanse kultuur uit te leef, hul gemeenskappe dinamies te dien en te help bou aan ons land, Suid-Afrika. EREKODE:

Ons erken mekaar as geesgenote. In ons omgang met mekaar is ons bedagsaam, simpatiek en verdraagsaam. Ons waardeer mekaar en is te alle tye gereed om mekaar by te staan. Ons waak oor mekaar se belange en deel in mekaar se vreugde en leed. Ons vertrou mekaar onder alle omstandighede. Ons is bereid tot diensbaarheid en aktiewe deelname in ons gemeenskap. Ons tree met selfdissipline op. Ons glo in die albestier van God-drie-enig en soek bo alles die verheerliking van Sy naam. Ons waak en werk!

23/06/2026
Kliek op https://share.google/k59YGNPQx1GiG0iJt om jou na die blad te neem. Indien jy nie naby 'n tak woon nie, is die V...
23/06/2026

Kliek op https://share.google/k59YGNPQx1GiG0iJt om jou na die blad te neem. Indien jy nie naby 'n tak woon nie, is die Virtuele tak net vir jou! Kontak Karien by die kantoor 012 301 1761 / 079 515 0873.

Ons as vroue van Die Dameskring wat ons gemeenskap op die hart dra, is dankbaar vir elke Pappa wat die welstand van sy g...
20/06/2026

Ons as vroue van Die Dameskring wat ons gemeenskap op die hart dra, is dankbaar vir elke Pappa wat die welstand van sy gesin as prioriteit stel. 'n Gelukkige Vadersdag!

Met die aanloop na Vadersdag, deel gerus hierdie met elke Pappa in jou gesin, familie en vriendekring.
17/06/2026

Met die aanloop na Vadersdag, deel gerus hierdie met elke Pappa in jou gesin, familie en vriendekring.

Sien na jouself om sodat jy balans kan hê in jou lewe. Jy is 'n kosbare vrou! Deel dit gerus en merk al die vroue in jou...
17/06/2026

Sien na jouself om sodat jy balans kan hê in jou lewe. Jy is 'n kosbare vrou! Deel dit gerus en merk al die vroue in jou lewe wat hieraan herinner moet word. Jy is genoeg!

Ons vier volgende jaar ons sestigste bestaansjaar by die Beraad in Nelspruit. Ons hoop om jou daar te sien!
16/06/2026

Ons vier volgende jaar ons sestigste bestaansjaar by die Beraad in Nelspruit. Ons hoop om jou daar te sien!

Marda Oosthuysen van Bloemfontein verjaar.Marda, van die hele Dameskring familie, wens ons jou geluk met jou verjaardag....
15/06/2026

Marda Oosthuysen van Bloemfontein verjaar.

Marda, van die hele Dameskring familie, wens ons jou geluk met jou verjaardag.

Ons eer jou vir die diep spore wat jy in hierdie organisasie getrap het en steeds doen.

Mag ons Hemelse Vader jou elke dag seën met Sý uitsoekseëninge. Geniet jou spesiale dag.

Address

Voortrekkermonument, Eeufeesweg, Groenkloof
Pretoria
0001

Opening Hours

Monday 07:30 - 16:00
Tuesday 07:30 - 16:00
Wednesday 07:30 - 16:00
Thursday 07:30 - 16:00
Friday 07:30 - 16:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Dameskring posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share