17/08/2026
Nog ’n storie wat ’n lied geword het… ❤️🎶
Dit was weereens so ’n ongelooflike voorreg om ’n lied te skryf vir iemand baie spesiaal — hierdie keer ’n baie persoonlike song oor 34 jaar se liefde, herinneringe, groei en saamleef. ❤️
Van jong liefde in 1992, ’n rooi Ford Cortina en hulle eerste “ons”-liedjie, tot kinders, ’n troue, kleinkind en al die goue oomblikke tussenin… “34 Jaar” is ’n stukkie van húlle liefdesverhaal, in musiek vasgevang.
Ek is opreg dankbaar dat julle my gekontak het en my die kans gegee het om julle storie in ’n lied te verander. Daar is min dinge mooier as om iets te skep wat nie net mooi klink nie, maar werklik aan iemand se hart raak. 🥹❤️
Dankie vir die vertroue.
Julle storie het nou sy eie lied. 🎶