Fire And Wine

Fire And Wine Fire and Wine offers a central location with a unique setting to host livestock auctions and shows One of the City’s most Unique Venue’s.
(1)

Come and enjoy an evening with us in Pretoria East under the stars next to a big bonfire. This unique venue setting allows you to step into the bushveld in the middel of the city. If you're looking for a venue to host either an event, corporate function, birthday celebration or small or unique wedding that will give your guests a very unique and memorable experience, then Fire and Wine is the venue for you!

13/06/2026

🤝 Meet the Breeder 🤝

Hartsvlei Boerdery – Casper & Amy van der Merwe

Ons is Casper en Amy van der Merwe van Hartsvlei Boerdery, asook die trotse ouers van drie wonderlike, energieke jong kinders.

Buiten ons passie vir Kaapse Lob Ears, boer ons ook met saai en ander vee op die plaas. Sedert 2013 is Kaapse Lob Ears 'n groot deel van ons boerdery. Ons boer extensief en glo dat sukses gebou word op sterk genetika, gehardheid, funksionaliteit en ’n opregte liefde vir landbou en diere.

As familieboerdery is ons bokke vir ons meer as net ’n bedryf – hulle is deel van ons leefstyl. Dit is ’n passie wat ons graag met ons kinders deel en waardeur ons hoop om die liefde vir die plaaslewe en landbou aan die volgende geslag oor te dra.

Elke dag bring nuwe uitdagings en nuwe vreugdes, en tussen die kinders, die plaaslewe en die bokke leer ons voortdurend waardevolle lesse. Een daarvan is dat ’n goeie bok nie net goeie gras kies nie – hy kies ook goeie mense.

Hartsvlei Boerdery – waar passie, familie en top Kaapse Lob Ear-genetika hand aan hand stap.

13/06/2026

🤝 Meet the breeder 🤝

Beresh Nguni’s - Amanda Lerm

Ek boer al 12 jaar met Mbuzi’s – die bekende Makatini-tipe. Hierdie bokkies kom uit die hart van Noord-Zululand, KZN, waar ek doelbewus top kwaliteit genetika gaan selekteer het met gehardheid en aanpasbaarheid as hoofprioriteit.

Oor die jare het hierdie kleiner tipe bokke my telkens verstom met hul ongelooflike gehardheid, vrugbaarheid en vermoë om onder moeilike toestande te presteer. Ek volg geen vaste spuitprogramme nie, maar verkies dat my kudde hul eie natuurlike immuniteit opbou. Dit het bewys dat my bokke maklik aanpas en uitstekend presteer in verskillende areas – selfs in hartwatergebiede, alhoewel hulle tans nie uit ’n hartwatergebied afkomstig is nie.

Ek boer tans op die Vrystaat/Noord-Kaap grens, in die Belmont-omgewing. Ons veld bestaan hoofsaaklik uit bossieveld met min gras en bome, en tog behou my ooie uitstekende kondisie en lam gereeld tweelinge en drielinge. Dit bevestig weereens hul vrugbaarheid, aanpasbaarheid en natuurlike gehardheid.

Hierdie klein bokkies is vir my meer as net vee – dit is ’n absolute passie.

13/06/2026

🤝 Meet the breeder 🤝

Deon Vlok

Ek boer al vir ongeveer 40 jaar met inheemse bokke in een van die droogste dele van ons land. Oor die jare het ek 'n kudde opgebou wat al vier ekotipes van die inheemse bok verteenwoordig, met genetika wat ek selfs tot in Namibië gaan selekteer en aankoop het.

Hierdie bokke presteer uitsonderlik op die droë veld en bewys jaar na jaar hul gehardheid, aanpasbaarheid en vermoë om onder uitdagende toestande te floreer. Ons boerdery word uiters ekstensief bestuur, sonder enige vaste doseerprogram. Die bokke loop deurentyd op natuurlike veld en word selekteer op grond van hul vermoë om selfstandig te presteer.

Ons veilingsramme word vanaf speenouderdom uitsluitlik op die veld grootgemaak. Deur streng seleksie word slegs die beste diere behou, verder ontwikkel en uiteindelik vir die veiling voorberei. Die fokus bly deurentyd op funksionele, geharde en vrugbare diere wat waarde tot enige kudde kan toevoeg.

13/06/2026

🤝 Meet the Breeder 🤝

Maize Valley - Andrew Roberts and Ju-mari Roberts

20/05/2026
20/05/2026
20/05/2026

🔥COMPASS BRAAI🔥

Everyone is invited!

Join the Compass Genetics breeders for a braai and viewing of the animals on sale, the night before our 5th auction!

22 May 2026 @ 16h00
Fire And Wine Arena - Pretoria

Hope we see you there!

14/05/2026

Besonderse genetika en diere wat aangebied gaan word op die Transveld Meatmaster Klub veiling.

23/01/2026

Address

Fire And Wine Arena, Plot 29, Bokmakierrie Steet, Mooiplaats
Pretoria
0040

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Fire And Wine posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share