AgriCad

AgriCad AgriCAD was founded in 2010 as a manufacturing concern with our focus on the African farming community and its needs.

The heart of the business is a modern manufacturing practice operated to ensure quality and durability.

19/06/2026
Op jou merke.... gereed.... WEG!!!! Ons TF24C met opsionele 850 flotasie bande staan gereed vir die Tapkar resies tydens...
04/06/2026

Op jou merke.... gereed.... WEG!!!!

Ons TF24C met opsionele 850 flotasie bande staan gereed vir die Tapkar resies tydens Grootpan se Stroper resies op 5 Junie 2026.

Kom kuier gerus saam met ons by stalletjie 13 en vind uit hoe AgriCAD die werk vir jou kan doen.

Eerskomende Vrydag, 5 Junie gaan AgriCAD hul TF24C Tapkar by die Stroper Resies 2026 in die Lichtenburg distrik uitstal ...
01/06/2026

Eerskomende Vrydag, 5 Junie gaan AgriCAD hul TF24C Tapkar by die Stroper Resies 2026 in die Lichtenburg distrik uitstal en besoekers die geleentheid bied om betroubare en doeltreffende landbou oplossings van nader te beleef.

Ontwerp om die oesproses te verbeter en stilstaantyd te verminder, kombineer AgriCAD Tapkarre duursaamheid, werkverrigting en praktiese innovasie om hoƫ-produksie landboubedrywighede te ondersteun. Kom besoek ons by die geleentheid en sien hoe AgriCAD help om oestyd doeltreffend aan die gang te hou.

01/06/2026

Op 27 Mei het AgriCAD die Losberg Studiegroep byeenkoms bygewoon naby Parys, waar boere en landbou-belanghebbendes byeengekom het om huidige boerderypraktyke, uitdagings en innovasies binne die bedryf te bespreek, asook die demonstrasies van verskillende landbouimplemente.

Die besoek het aan AgriCAD die geleentheid gebied om direk met boere in die omgewing te skakel, insigte oor landbou-oplossings te bespreek en verhoudings binne die boerderygemeenskap te versterk.

Tydens die Tapkar uittap demonstrasie na middagete is die noodskaaklikheid weereens beklemtoon waarom AgriCAD die avagare elektronies balanseer tydens vervaardiging.

Met 'n dankbare hart kyk ek vanaand terug na die afgelope Nampo Oesdag 2026.Ek wil graag die geleentheid gebruik om elke...
18/05/2026

Met 'n dankbare hart kyk ek vanaand terug na die afgelope Nampo Oesdag 2026.

Ek wil graag die geleentheid gebruik om elkeen wat die AgriCAD stalletjie besoek het persoonlik te bedank vir u belangstelling, lojaliteit en volgehoue ondersteuning en dat ons die geleentheid gegun is om as AgriCAD elk van u unieke behoeftes aan te spreek.

Wees verseker dat AgriCAD by u staan, elke tree van hierdie ongewoon uitdagende landbou omstandighede.

Ons hou ons koppe na die Hemele gerig en besef dat alles slegs uit genade alleen is.

Eben Potgieter
CEO - AgriCAD

Address

292 Mundt Street, Watloo
Pretoria
0184

Opening Hours

Monday 07:30 - 04:30
Tuesday 07:30 - 16:30
Wednesday 07:30 - 16:30
Thursday 07:30 - 16:30
Friday 07:30 - 14:00

Telephone

+27769821685

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when AgriCad posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share