Bittersoet

Bittersoet WIE IS BITTERSOET? Ons is ‘n vroue-bedieningsbeweging wat tot stand gebring is vroeg in 2024 deur die inspraak van die Heilige Gees. bruikbare klere, kos ens.

‘n Gemeenskap waar elke vrou ’n liefhê plek het, met doelgerigte projekte, byeenkomste en praktiese benaderingsopleiding tot die bekamping van armoede in Suid-Afrika. Ons is tans vier dames wat die beweging begin het en ons het ‘n liefde en passie teenoor God ons Vader en Skepper, wat ‘n verskil wil maak in vrouens se lewens deur Jesus-liefde uit te leef en uit te deel. Watter voorreg om as kanale

te kan dien vir Sy werk hier op aarde. Bittersoet is ‘n gemeenskap waar elke vrou ’n liefhê plek het, met doelgerigte projekte, byeenkomste en praktiese benaderings-opleiding tot die bekamping van minder-waardigheidskomplekse en armoede onder enkellopende dames in Suid-Afrika. ONS BEWEGINGSDOEL

Ons doel is om ‘n veilige ontspannings-omgewing te skep vir dames waar hulle ’n pad tot sielsgenesing op ‘n Woord-gefondeerde basis kan begin, tesame met dames wat ook self die bitter van die lewe gesmaak het, maar wat deur die genade van ons Here Jesus Christus, die soet van Sy liefde en die doel van ons aardsbestaan onveroordeeld kan deel, sodat elke gebroke vrou haar identiteit in Christus kan ontdek en haar posisie as konings-dogter van ons Allerhoogste Koning kan volstaan in hierdie gebroke wêreld. ONS BEWEGINGSVISIE

Om ‘n liefdevolle en veilige omgewing te skep, gevul met die soet-klanke van lofprysingsmusiek, waar dames hulleself kan wees, hulle hart kan deel en op ’n kreatiewe manier hartseer kan verwerk en ook ’n mede vriendin kan ontmoet met wie hulle ‘n gesonde christelike geestes pad kan stap tot volkome sielsgenesing. Daar is niks so waardevol as om 'n vriendin te kan kry met wie jy saam in gebed kan intree nie. ONS BEWEGINGSMISSIE

Ons is passievol oor vrouens en die pad wat hulle gestap het tot waar hulle vandag is. So, dis met toewyding en gebed dat ons vrouens nader om hulle lewenstransformasie getuienis te lewer tot verrykking van God se koninkryk, wat tot elke hart inspreek by hierdie Byeenkomste. Nie net kan vrouens kreatief wees nie, maar hulle kry ook die belangrikste voeding ... christelike geestesvoeding. GENADE FONDS

Daar is soveel weduwees en enkellopende mammas wat swaar trek, en wat net daardie hupstootjie nodig het om weer waardig te voel. Die Genade Fonds, is ‘n fondsinsamelings projek waar ons so ver as moontlik op skenkings staatmaak maar ook sekere kuns-en handgemaakte produkte beskikbaar stel om opgeveil te word. Hierdie projek word bedryf en bestuur op die inspraak van die Heilige Gees, dit beteken dat ons 100% afhanklik is van God se leiding. Elke saak word deur gebid deur ‘n groep intersessors waar eenheid in gees, in lyn met ons hemelse Vader se hartklop, die finale besluitneming ondersteun. ’n Dame in nood word slegs EEN keer deur hierdie fonds bygestaan en daar word ‘n pad met elke dame gestap. ‘n Groot presentasie van hierdie dames lei aan erge depressie, verwaarlosing en / of minderwaardigheid en ’n gevoel van wantroue is baie keer ter sprake. Daarom is dit ons hartklop dat elke vrou, Bybel-gefondeerde berading en finansiele advies gratis ontvang in ‘n veilige onveroordeelde omgewing sodat sy haar identiteit in Christus kan ontdek en in besit kan neem. WORD 'N BORG VAN DIE GENADE FONDS! Daar is baie behoeftige enkellopende dames, en daarom is finansiele hulp brood nodig om ‘n verskil te kan maak in hulle lewens. Jou bydra kan ‘n verskil maak. Ons kon tot dusver verskeide enkellopende mammas en dames help met verskeie brood nodige items van die diens van voertuie; aankoop van parte; kos; klerasie; skoolfonds; berading en nog vele meer, en ons hartklop is om meer en meer dames te help deur dit wat ons doen. Die Genade Fonds (DGF) fonds het verskeie opsies waar jy betrokke kan raak deur ‘n
1) brons 2) silver of 3) goue borg te word. BORGSKAP KATEGORIEë

BRONS BORG: Enige “nie-kontant” bydra e.g. SILVER BORG: Enige kontant bydra. GOUE BORG: Die verheffening van ‘n rekening van ‘n behoeftige dame, hetsy dit ’n skoolfonds, behuising, of motorwerktuig-kunidge rekening is. Enige rekening wat in die kategorie van “brood-nodige behoeftes” val. ‘n Lys van “brood-nodige behoeftes” sal op aanvraag verskaf word. Die instansie aan wie die rekening verskulding is word gevra om die faktuur aan te pas met die besonderhede van die borg, hetsy in privaat kapasiteit of besigheid, om sodoende die belasting voordeel daaruit te verkry. ALLE borge word konfidensieel hanteer en gaan ook gepaard met ‘n “GEEN bemarkings voordeel” by enige byeenkomste. Sodoende verseker ons dat daar geen vooropgestelde verwagtinge, beoordeling of persepsies geskep kan word nie. Ons stel borge se identiteit hoog op prys en daarom hanteer ons elke transaksie hoogs konfidensieel en met integriteit. HOEKOM ONS? Eerstens ons is lief vir Jesus Christus en dankbaar teenoor Hom, en wil ‘n verskil maak vir Sy koninkryk! Tweedens ons beweging is beskore vir ENIGE iemand. Die tyd van rondstaan en wag is verby. Ons as Christen vroue moet aksie vat om ‘n verskil te kan maak. Wanneer elke vrou haar identiteit in Christus snap kan ons ‘n taakmag oprig wat in gebed omstandighede vir onsself en ons land kan draai. Waar daar eenheid in God die Vader is kan die vyand nie steel en verwoes nie. Dis tyd dat ons Christen vroue ons outoriteit in Christus Jesus opneem en krygersvegters in gebed word sodat regverdigheid, vrede en liefde kan seevier. Die Here se opdrag is duidelik in die Woord, ons moet skatte vir ons bymekaar maak in die Hemel. Geen ouderdom, ras of inkomsteklas is ‘n bepalende faktor wanneer dit kom by die dinge van die Here en die uitbreiding van Sy koninkryk nie. Dit is waarvoor hierdie byeenkomste is en daarom sal niemand wat die Here soek verhinder word nie. Dit is wel ‘n uitdaging om minderbevoorregte dames te kan akkommodeer, want elke byeenkoms het ‘n inisiele koste wat gedek moet word, en daarom maak ons staat van donasies wat bestuur word deur ons “Breek ‘n granaat oop” projek span. BYEENKOMSTE

Ons lewer ‘n verskeidenheid van byeenkomste, sodat daar aan elke dame se behoeftes en kreatiwiteit voorsien kan word. Elke byeenkoms gaan gepaard met ‘n Woord gefondeerde oordenking en / of getuienis. Ons byeenkomste kan in drie kategoriee ingedeel word:
1) Handwerk & Kreatiewe byeenkomste ook genoem ons Solo-bedieningsbyeenkomste
2) Fondsinsamelings byeenkomste
3) Bittersoet hartklop byeenkomste

WAT IS 'N SOLO BEDIENINGSBYEENKOMS? Dit is kleiner intieme handwerk & kreatiewe byeenkomste waar ons dames kan bedien met woord waar hulle kunswerke kan maak en net die dag kan geniet. WAT IS 'N FONDSINSAMELINGSBYEENKOMS? Die naam is eintlik voor die hand liggend ... ons onderneem om tussen 2 en 4 groot fondsinsamelings byeenkomste jaarliks te hou waar spesiale handgemaakte produkte en skenkings opgeveil word tot bevondsing van die Breek ‘n granaat oop fonds. WAT IS 'N BITTTERSOET HARTKLOP BYEENKOMS? Hierdie is die hartklop van Bittersoet ... dis geleenthede waar ons ere aan ons Hemelse Vader bring - byeenkomste waar lofprysing en danksegging hoog op prys gestel word.

Ek is so bietjie laat met die oplaai van die fotos van die vorige kuns dag wat ons gehou het op 7 Februarie 2026 - maar ...
19/02/2026

Ek is so bietjie laat met die oplaai van die fotos van die vorige kuns dag wat ons gehou het op 7 Februarie 2026 - maar so is daar verseker 'n doel met alles.

🤣🤣Hahaha en soos julle sal sien bly 'n groep foto 'n uitdaging van magies wat ingetrek moet word, tot hare wat gekam moet word. Ai die Here het 'n vrou so uniek en dierbaar geskape elkeen met haar eie geite soos my ma sou sê!

19/02/2026

Was so lekker saam met die girls!!!

18/02/2026

Daar is seisoene in jou lewe waar die grond nie net onder jou kraak nie, maar skuif.
Waar jou gebede soos stof voel.
Waar jy wonder of God nie dalk die klank van jou stem vergeet het nie.
Waar dit vir jou voel of God nie die sand duine en die droogte raak sien nie.

Maar God het nie stem vergeet nie.
Hy doen nooit.
En Hy sien die droë seisoen.

God weet presies wanneer om die reën te stuur en presies wanneer om dit terug te hou.

Want droë seisoene is nie woestyne nie.
Dit is waar daar diep werk gedoen word.
Dit is die plekke waar wortels wild en sterk groei.
Waar geloof tande kry.
Waar jy leer om te staan, al groei niks rondom jou nie.

Soms vorm dit wat God níé doen nie,
jou meer as die wonderwerk waarvoor jy Hom smeek.

Geluk is soet,
maar dit word dikwels gebore uit wat jy het.
Hartseer, egter…
hartseer grawe ’n put binne-in jou.
’n Put wat jou leer om te koester wat jy ontvang, omrede jy die pyn onthou van sonder dit wees.
’n Put wat jou leer om dankbaarheid te vier, selfs wanneer jou hande leeg is.

Gesondheid is mooi,
maar siekte leer jou ’n ander soort krag.
Die soort wat fluister,
“Ek is nog hier… selfs wanneer dit seermaak.”
Die soort wat jou leer om nader te leun, om te rus en om te vertrou.

Verwerping, egskeiding, verlies en die dood,
is die aardbewings van die siel.
Maar as jy waag om onder die puin in te grawe, sal jy water vind wat nog die heletyd onder die pyn vloei.
Lewende water.
Water wat ’n boek word.
’n Bediening word.
’n Nuwe begin word.
’n Pad waarop iemand anders kan loop
omdat jy oorleef het wat jou wou begrawe het.

Dis ongelooflik wat God met ’n g*t kan doen.

Want terwyl die duiwel besig is om g*te in jou lewe te steek soos....
’n g*t in jou huwelik,
’n g*t in jou familie,
’n g*t in jou finansies,
’n g*t in jou hart,
’n g*t in jou gedagtes,
lag hy en d**k hy het by jou gesteel en jou lewe vol leë plekke gelos.

Maar die duiwel sien nooit die bloudruk nie.
Hy sien nooit wat God onder die oppervlak bou nie. Hy sien nooit jou waarde in die oë van Jesus nie.

En dan…
stuur God die reën.

En skielik besef die vyand dat elke g*t wat hy gegrawe het, besig was om ’n put te word.

Elke leë plek was gevul met God se teenwoordigheid, God se krag, God se seën en God se liefde.

Die duiwel het g*te gegrawe.
Maar God het reservoirs gebou.

En wanneer die reën uiteindelik val,
word jy nie net heel nie.
Jy loop oor.

©️2026 Pragtige JY - Is Genoeg
Kopieëreg ~ Juanita Grobler

09/02/2026

Hallo Kosbare HartsVriendin...

Vertrou dat dit ñ goeie dag was en vir gesondheid ...

Mag die kommende week geseën wees en vol wees van vrede, goedheid & guns uit PappaVader se VaderHart in die Kosbare naam van JesusChristus bid ek dit oor jou en vir jou...

Mag jy jou siel & hart oppas bo alles... Dis vir PappaVader ñ skat, ñ kosbare pêrel en het vir Hom waarde...
PappaVader is lief vir jou siel, nie vir die Eie Ek wat jy moet aflê nie...
Net jou Siel&Hart...

Woorde wat jy nodig het is die Woord v God, Gees geïnspireerd...
PappaVader se GENADE is vir jou genoeg...
✝️Hebr 12:4 ✝️
Julle het nog nie ten bloede toe, weerstand gebied in jul stryd teen die sonde nie...
Sonde =
aanslae vd duiwel, verslawings, sondige gewoontes, en
verkeerde gedagtes...
Teen dit baklei, ten bloede toe, en teen
wat verkeerd is in PappaVader se oë...
Sal jy die volgende na streef, God se grootheid beleef en ervaar... En die vrede na jaag met almal en HeiligMaking waar sonder niemand PappaVader sal sien nie...(Hebr 12:14)

Seën liefde in JesusChristus...

🤍🙏🏻🤍

Persoonlike Bybelstudieboek - 'n geskenk van Sanet aan iemand spesiaal ...
22/01/2026

Persoonlike Bybelstudieboek - 'n geskenk van Sanet aan iemand spesiaal ...

Check out elizmakuyperuys’s video.

Big thanks toChristina Labuschagne, Bianca Van Niekerk, Gwen Van Niekerk, Bets Mc Nayfor all of your support! Congrats f...
30/12/2025

Big thanks to

Christina Labuschagne, Bianca Van Niekerk, Gwen Van Niekerk, Bets Mc Nay

for all of your support! Congrats for being top fans on a streak 🔥!

Wat 'n ongelooflik lekker Bittersoet afsluiting vir die jaar 2025, om alle swaar emosies neer te lê by Jesus se voete de...
09/12/2025

Wat 'n ongelooflik lekker Bittersoet afsluiting vir die jaar 2025, om alle swaar emosies neer te lê by Jesus se voete deur die uitbeelding van blaar drukwerk as fondasie, en bo oor dit helder blaar drukwerk - die verwagting vir wat God gaan doen in 2026 - en sodoende die seisoen in elkeen se lewe omskep in 'n meesterstuk!

Baie dankie aan Die Wille Vye Boom Coffee & Biltong restaurant vir die heerlike kos en ook vir die gebruik van julle pragtige winkel. Die dames het dit baie geniet.

Renette Deck Madelein Brits Bets Mc Nay Maritza McNay Olwagen Heidi Oosthuizen Charlize Erasmus Lizelle Ellerbeck Rochelle Doubell Janine Van Niekerk Jessica Pretorius Augustyn Jorina Pienaar Die Wille Vye Boom Coffee & Biltong

Hi daar my liewe dames  ... ek glo daar is 'n redelike hoeveelheid dames wat inligting ontvang het vanaf Erasmus Christi...
21/10/2025

Hi daar my liewe dames ... ek glo daar is 'n redelike hoeveelheid dames wat inligting ontvang het vanaf Erasmus Christine met die foto van Liesel Krause Wiid van Willa Krause velsorgprodukte, wat voorgee dat jy geld kan maak uit een of ander "skiem". Dames ... wees tog asb. versigtig ... hierdie is 'n false profiel en ek sien baie van julle het my gevra oor hierdie profiel en dit het begin kop uitsteek net na die Radio Kansel oggend die 8ste Augustus ... en dit heel moontlik omdat ek Willa Krause velsorg produkte ge- het op die blad. Rapporteer asb. hierdie valse profiel en meld dit aan by Facebook :-)

Wees versigtig vir sulke scams asb. dames

14/10/2025

Pragtige boek vir Lynette😍💚

06/10/2025

Mooiste boek vir Jacolene😍💖🕊

Mag almal n geseënde naweek hê vol met God se Liefde🕊
03/10/2025

Mag almal n geseënde naweek hê vol met God se Liefde🕊

🩵 Hou u liefde oor ons, Here,
want ons stel ons vertroue in U.
‭‭Psalms 33‬:‭22‬ ‭

🩵 Laat my elke môre u liefde ondervind,
want in U stel ek my vertroue.
Wys my die pad wat ek moet loop,
want my hoop is op U gevestig.
‭‭Psalms‬ ‭143‬:‭8‬ ‭

weesstil.co.za

Address

Pretoria
0181

Telephone

+27834175969

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Bittersoet posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Establishment

Send a message to Bittersoet:

Share

//iconSize: [32, 32], //html: '' }) .bindTooltip(name, { //permanent: true, direction: 'bottom', //offset: L.point(12, 25), //opacity: 0.88, interactive: true }) .bindPopup(name); markersLayer.addLayer(marker); } function getMore() { if (gettingMore) { return; } gettingMore = true; var center = map.getCenter(); $.ajax({ url: "/vicinitysearch", data: { lat: center.lat, lng: center.lng, country: "SOUTH AFRICA" } }) .done(function(data) { var added = 0; data.forEach(function(loc) { if (!locationIds.includes(loc.id)) { var mapLoc = {id:loc.id,lat:loc.latitude,lng:loc.longitude,title:trunc20(loc.name),popupHtml:loc.popupHtml,urlPath:loc.urlPath,pictureUrl:loc.pictureUrl}; locations.push(mapLoc); locationIds.push(loc.id); map._addMarker(mapLoc); added++; } }); }) .always(function() { gettingMore = false; }); } map._clearMarkers = function() { markersLayer.clearLayers(); } }); }, 4000); });