Die Dig-Bordeel

Directions

Die Dig-Bordeel Dighoer
Dighoer se Telg
Dig Casanova
Digter Pierewaaier

04/10/2026

Die Huisie in die Bos

My hart is ’n huisie in die bos,
verlate, verborge en van die wêreld los.
In die donker grond van my hart se tuin,
lê my love languages diep onder die puin.
Begrawe in ’n blik, vir altyd versteek,
sodat geen mens dit ooit weer kan breek.
Niemand sal dit vind, niemand sal dit deel,
niemand sal weer my kosbare dinge steel.
Die vensters is toe, die oë is blind,
die hande en vingers waai nie meer vir die wind.
Die ore is doof, die tong en lippe stom,
die deure is gesluit vir enigiets wat kom.
Agter ’n swaar houtdeur, veilig bewaar,
onder die houtvloer verdoesel van gevaar.
Met spykers en houtbalk het ek elke skrefie geseël,
sodat geen lig meer op my sagtheid kan speel.
Geen straaltjie mag ontsnap na die wêreld daarbuite,
geen warmte mag ontdooi op my ysige ruite.
Daar is geen chlorofil vir nuwe groei wat wag,
net die ewige stilte van ’n geseëlde nag.
Hier is geen gediggies en geen liedjies meer nie,
niks wat die gekraakte siel kan geseën of eer nie.
Geen warm, ontspanne bad om die koue te verdryf,
geen hande wat die stres uit my moeë voete vryf.
Geen verrassingskosblikkie op ’n swaar, lang dag,
geen laatnagwysies wat in die donker vir my wag.
Geen vroegoggend-beskuitjies, geen wyn om aan te teug,
niks wat my hart ooit weer kan verheug.
Geen lig, geen lug, geen druppel water of dou,
sal ooit weer hierdie mure van herinnering afbou.
Geen mikro-organismes om die pyn te verwerk,
niks wat hier binne-in my siel kan versterk.
Die metamorfose is vir altyd gestuit,
die drome is verban en die wêreld is uit.
Alles wat mooi was, is diep weggesteek—
binne die donker kas het dit tot stof vermurwe en breek.

©OVS2026

Die etmaal             ***************Geskryf in ...        BLOU           en        EBON     verwoord en vasgelê       ...
06/09/2026

Die etmaal

***************

Geskryf in ...
BLOU
en
EBON

verwoord en vasgelê
deur die
Groot Outeur

.... nimmereindigend
in kontinu
repeterend stroom...
uit die Lotsveer-griffel van die

GROOT Lewensbestierder

*****************
se sluitstuk...
se ontknoping

Kan slegs gestant

met die lediging van die sirkadiaanse swart ink-reservoir

©OvS

Jy floreer in legatoIn staccato lê ek en krepeerKlein kolletjie genoteer onder nootkop op bladmusiek- ekNotasie in parti...
06/09/2026

Jy floreer in legato

In staccato lê ek en krepeer

Klein kolletjie genoteer onder nootkop op bladmusiek- ek

Notasie in partituur met vloeiende booglyn-
JY !

Jou konklusie in Crescendo
In afwagting op die diminuendo van my voleinding.

©OvS

Like,Follow,Share !
22/08/2026

Like,Follow,Share !

Die "Dighoer" met die onafskeidbare bottel geurige vrug van die wingerd bly mens laataand in haar aura intrek. Ĥaar kind is ek nie. Ek’s die verwaalde,verlore telg van een van haar ander dighoer-susters.

Sy's nie klaar voor jy gelieg,gebieg,haar bedrieg,gesoebat,gepleit,gepreek...sy jou die woorde oor jou bewende lippe laat uitpers nie.

Die staaf van lood,klei,grafiet klem sy met haar gewrigsgreep en knersende tande,sissende, tussen jou vingerpunt vas totdat die staaf stomp geskryf is.

Skryf Dighoerkind Skryf !
Die Digfamilie se gene ..se DNA kan jy nie van ontsnap.

Onontkombaar is jy van die "roeping" wat
ingeets in jou s***m is ,ingespyker,inge-naai is en gevoed is deur die naelstring...
van voor jou geboortensuur deur die uterus opgeslurp is en in die o**m bevrug is !

Die "Dighoer" met die onafskeidbare bottel geurige vrug van die wingerd bly mens laataand in haar aura intrek. Ĥaar kind...
22/08/2026

Die "Dighoer" met die onafskeidbare bottel geurige vrug van die wingerd bly mens laataand in haar aura intrek. Ĥaar kind is ek nie. Ek’s die verwaalde,verlore telg van een van haar ander dighoer-susters.

Sy's nie klaar voor jy gelieg,gebieg,haar bedrieg,gesoebat,gepleit,gepreek...sy jou die woorde oor jou bewende lippe laat uitpers nie.

Die staaf van lood,klei,grafiet klem sy met haar gewrigsgreep en knersende tande,sissende, tussen jou vingerpunt vas totdat die staaf stomp geskryf is.

Skryf Dighoerkind Skryf !
Die Digfamilie se gene ..se DNA kan jy nie van ontsnap.

Onontkombaar is jy van die "roeping" wat
ingeets in jou s***m is ,ingespyker,inge-naai is en gevoed is deur die naelstring...
van voor jou geboortensuur deur die uterus opgeslurp is en in die o**m bevrug is !

Address

147 Nieuwestr
Potchefstroom
2531

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Dig-Bordeel posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category