14/02/2024
WERKSWINKELS | ATKV-SUIDOOSTERFEES KOORKOMPETISIE
Amateurkore en -sangroepe van die Wes-Kaap steel elke jaar feesgangers se harte met hul passievolle uitvoerings. Met hierdie projek maak die ATKV en die Suidoosterfees drome waar. Landelike en stedelike kore ontvang opleiding van kundiges om hul optredes af te rond, en meesterklasse deur eksperts bemagtig koorleiers om uitvoerings na ’n hoër vlak te neem.
Koördinering: Braam de K**k | Beoordelaars: Hannelize du Plessis, Jade Paige en Lizl Gaffley Choral Academy
DATUM: 28 April 09:00
🎟 GRATIS