21/09/2026
Kurator René Scribante gesels oor hierdie jaar se visuele kunsuitstalling by Klein Karoo Klassique, onder die tema “In the Key of Light”.
Kunswerke deur 30 visuele kunstenaars vanuit die Klein Karoo en Suid-Kaap was ingesluit en dié werke kan nog tot Woensdag 30 September 2026 aanlyn gesien en gekoop word.
’n Diverse keur van werke in verskillende mediums is ingesluit, wat die kreatiwiteit van kunstenaars uit die streek gevier het.
🎨 Kyk hier deur die kunswerke: klassique.co.za/kuns
🎥 Gys Loubser
, is aangebied deur die KKNK, moontlik gemaak deur die Rupert-Musiekstigting en ATKV, met ondersteuning van Le Lude, RSG, Oudtshoorn Courant en Oudtshoorn Munisipaliteit.