14/06/2026
Klein Karoo Klassique bring vanjaar ’n gewigtige aanbod van klassieke musiek na die Klein Karoo, met ’n program wat ’n wêreldpremière én klassieke gunstelinge insluit.
Sentraal tot die program, staan drie aandkonserte: die Cape Town Philharmonic Orchestra (8 Aug.), Cape Town Opera (7 Aug.) en die Stellenbosch University Choir (9 Aug.). Verskeie kamermusiekuitvoerings word ook aangebied, met twee laataand optredes en twee ontbytkonserte wat die musiekprogram afrond.
Die program is só saamgestel dat feesgangers alles kan bywoon.
📖 Lees meer: klassique.co.za/nuus/klein-karoo-klassique-2026-bied-gewigtige-aanbod
📅 7 tot 9 Augustus 2026
📍 Oudtshoorn
🎫 klassique.co.za
, word aangebied deur die KKNK, moontlik gemaak deur die Rupert-Musiekstigting en ATKV, met ondersteuning van Le Lude Cap Classique, RSG, Oudtshoorn Courant en Greater Oudtshoorn Municipality.