Kaktus op die Vlaktes

Kaktus op die Vlaktes KKNK2023 skop die jaar se fees af met ‘n twee dag musiekfees: AMOK! 1 & 2 April in Oudtshoorn! Volg op Twitter vir meer aankondigings.

Op Saterdag 6 April 2013 bied Captain Morgan Spiced Gold die jaarlikse instelling, Kaktus op die Vlaktes aan in samewerking met Absa KKNK en MK. Hierdie jaar is Kaktus op die Vlaktes by sy heel nuutste tuiste, Vredestraat Sportterrein, in die hartjie van Oudtshoorn. Kaktus op die Vlaktes het al gasheer gespeel vir die grootse name in Suid-Afrikaanse musiek, en hierdie jaar speel die volgende gener

asie geraasmakers saam met nuwelinge op een verhoog, om vermaak te bied tot lank na die grootmense se slapenstyd. Jy't van hulle al gehoor en gesien: kom wees nou deel van die beste line-up wat Kaktus op die Vlaktes nòg gesien het - Fokofpolisiekar, Die Heuwels Fantasties en Prime Circle. Suid-Afrika se eie supergroep Goodight Wembley met n paar baie bekende gesigte asook gunstelinge Southern Gypsey Queen en Shadowclub gaan jou ore streel. Hekke open alreeds om 14:00 en kaartjies teen R120 is landswyd by Computicket beskikbaar. Omdat niemand nee sal sê vir gratis goed nie, sal daar menige geleenthede wees om meer as net kaartjies te wen vir die beste ding wat by Absa KKNK gaan gebeur. Hou www.facebook.com/Kaktusopdievlaktes dop vir hierdie kompetisies, nuus en meer inligting. Nie te Koop vir Persone Onder die Ouderdom van 18 nie. Geniet Verantwoordelik.

Address

Oudtshoorn
6625

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kaktus op die Vlaktes posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Establishment

Send a message to Kaktus op die Vlaktes:

Shortcuts

Share