25/01/2024
Nou jaa. So kap ons aan. Ek doen 'n retrospektiewe uitstalling van my werk in die KKNK fees. Daar sal ongeveer 90 skilderye uit privaatversamelings wees en 25 nuwe werke te koop wees. Kom kyk gerus by my adres, 46 Oranjestr. Vanaf 23 Maart tot einde van die fees.