17/08/2026
Well done to our kiddies who participated and achieved great scores🥳🥳
(Elliana/Leo-Nieke/Katelynn/Lianke/Jenine/Liam)
🎭KULTUURNUUS🎭
’n Groot aantal leerlinge van Laerskool Nylstroom het van 3 - 7 Augustus 2026 aan die Eugene N. Marais Kultuurfees deelgeneem te Naboomspruit. Ons Nylies het in alle kategorieë uitmuntend gevaar, en hul talent en toewyding het die ryk kultuurtradisie van ons skool duidelik weerspieël.
Laerskool Nylstroom is uiters trots op sy kultuur en werk voortdurend daaraan om elke leerling se kreatiwiteit en vermoë te ontwikkel.
Baie geluk aan elke Nylie wat deelgeneem het!
"Kultuur is nie ’n luukse nie, dit is ’n noodsaaklikheid vir die menslike gees."
– Maya Angelou