Die Wynvlieg Kelderteater

Die Wynvlieg Kelderteater WYN EN DIE KUNSTE – DIE PERFEKTE KOMBINASIE! BOLAND KELDER EN DIE WYNVLIEG TEATER
SORG VIR DIÉ BEDERF! Vir enige navrae skakel 021 862 6190.

Sangeres en liedjieskrywer, asook eienaar van Groovy Concerts – Luna Paige – bring kuns en vermaak na die Boland Kelder se Wynvlieg Teater. Inwoners van Paarl, Wellington, Stellenbosch, Malmesbury en Durbanville het nou ‘n nuwe en spesiale teater om te kan besoek. Die Wynvlieg Teater mag dalk net jou tweede huis word!

‘n Verskeidenheid van musikale- en dramaproduksies sal by hierdie intieme teate

r aangebied word. Spesiale geleenthede soos buitelug somerkonserte en kinderproduksies is ook in die pyplyn. Wat hierdie teater so spesiaal maak, is dat elke konsert hand aan hand gaan met ‘n Boland Kelder wynproe sowel as heerlike etes reguit uit die Kelder se kombuis. Teaterliefhebbers sal wynproeë op die houtdek en aandetes in die onderste proelokaal geniet waarna Suid-Afrika se top talent die verhoog sal betree en sorg vir absolute kwaliteit vermaak. Hierdie teater is ook beskikbaar vir enige spesiale geleentheid: verjaarsdae, huweliksherdenkings, kantoorpartytjies of jaareindfunksies. Boland Kelder en die Wynvliegteater sal sorg dat jy ‘n besonderse lieflike tyd het. Elke pakket bevat ‘n vertoning en ‘n middag- of aandete en sal natuurlik gepaardgaan met die beste van Boland Kelder se wyne. Kliënte sal ‘n seleksie van ‘n verskeidenheid kunstenaarsopsies geniet en kan selekteer gebaseer op die aard en behoeftes van die funksie. Vir meer inligting oor hierdie pakette kontak gerus vir Luna Paige by [email protected]. Maak gerus jou Wynvlieg teaterbespreking by www.ticketbreak.co.za of koop jou kaartjie ook by enige Boland Kelder kelderdeur-toonbank! Volg ons ook op Twitter !

Address

Boland Kelder, Hoofstraat, Agter Paarl/Noord
Noorder-Paarl

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Wynvlieg Kelderteater posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Establishment

Send a message to Die Wynvlieg Kelderteater:

Shortcuts

Share