The Pines

The Pines The Pines Conference & Wedding Facilities We aim to take care of our couple so they can enjoy their big day.."

Whether you're looking for an unforgettable Wedding Day, Corporate Event, Matric fair wells, Social Function, Birthday Celebration or Conference Venue, The Pines has it all for you to experience and enjoy. Indulge in our magical atmosphere and experience a standard of excellence, not only you but your guests too will know that they have been to a remarkable event. Our mission statement

"To always

exceed the expectations of our clients by providing exceptional service and high quality food, giving our clients an experience of a lifetime & to relieve the couple from all the pressure when co-ordinating a wedding.

17/09/2015
17/09/2015
04/08/2015

A magical evening for Hope High School’s matric pupils.

Ses Snare met Melt en HannesDie Snare het besluit om vanjaar al hul musikale talente uit te stal - as kitaarspelers, as ...
03/08/2015

Ses Snare met Melt en Hannes
Die Snare het besluit om vanjaar al hul musikale talente uit te stal - as kitaarspelers, as sangers en harmoniseerders, maar ook met die speel van heelparty ander instrumente as waaraan getroue Snare aanhangers gewoond geraak het.
Die vertoning bestaan uit die beste van Ses Snare oor die afgelope 7 jaar, en voeg daarby die skreeusnaakse Melt Sieberhagen en Hannes Brummer as seremoniemeesters/komediante en jy het 100 minute se vermaak uit die boonste rakke.

Innie RofHy is so gewoon dat sy voogonderwyser aan die einde van matriek verras gevra het: "Hoe lank is jy al hier?" Hy ...
03/08/2015

Innie Rof
Hy is so gewoon dat sy voogonderwyser aan die einde van matriek verras gevra het: "Hoe lank is jy al hier?" Hy is so algemeen soos gras; so oninteressant dat geen hond vir hom blaf nie. Hy is Jan Alleman. Maar toe begin hy gholf speel. Met Neels van Jaarsveld. Teks en regie: Leon Kruger

Jannie Moolman en Corlea Botha annie Moolman, Suid Afrika se mees bekroonde en geliefde tenoor is hier om te bly en hart...
03/08/2015

Jannie Moolman en Corlea Botha
annie Moolman, Suid Afrika se mees bekroonde en geliefde tenoor is hier om te bly en harte van oud tot jonk te verower. Hy slaag daarin om sy luisteraars op `n epiese tog te neem ? van sy sielvolle ballades van sy nuutste CD Ek kom Huistoe, tot immergewilde opera arias, soos Nessun Dorma.
Nommers soos Josh Groban se ?Remember when it rained? en Coenie de Villiers se ?Vir jou? en tydlose treffers soos ?Torna a Sorriento? en ?L`Hymne L`amour? word almal ook `n nuwe baadjie aangetrek en op sy unieke manier vertolk.

Corlea Botha is besig om een van ons gewildste en mees-veelsydige sangeresse te word.
Corlea het aanvanklik bekendheid verwerf met ?Ons Lieflinge? saam met Rudi Claase. Rudi en Corlea het opslae gemaak nadat hulle eerste duetalbum, Ons Lieflinge / Our Darlings binne agt weke goue status bereik het.
Sy tree onder andere ook op saam met Nataniel, Brandon October, Kevin Leo en Jannie Moolman. Haar eerste album "Wie Ek Is" het ongelooflike liedjies soos "Sonvanger" deur Koos du Plessis en haar eie komposisie ?Wie ek is?. Haar jongste treffer ?Swart Koffie? het die land stormenderhand verower. Corlea is ewe tuis as klassieke sopraan en kabaretsanger.

Twee vir die prys van eenIs `n slimsnaakse, vars, uitbundige komedie met onverwagse wendings; geskryf deur die bekende B...
03/08/2015

Twee vir die prys van een
Is `n slimsnaakse, vars, uitbundige komedie met onverwagse wendings; geskryf deur die bekende Britse dramaturg Donald Churchill. Die stuk is in Afrikaans vertaal deur Wim Vorster.
Twee vir die prys van een word aangebied deur Kosie House of Theatre.
In die stuk ontmoet die gehoor vir Walter wat as verwer by `n deftige huis opdaag om die studeerkamer van `n belangrike sakeman te verf. Walter is eintlik `n sukkelende, maar besonder ambisieuse akteur wat die pot aan die kook hou met sy verfwerk.
Mercia is die sakeman se pretensieuse en hoogheilige vrou wat haar in `n penarie bevind wanneer Janie, haar skelm minnaar se vurige vrou, opdaag en dreig om hul affair oop te vlek. Janie dreig om Mercia se man te vertel van sy vrou se agterbakse verhouding. Mercia sal egter alles doen om te verhoed dat die saak op die lappe kom.
Walter word natuurlik betrek ? met skreeusnaakse en verrassende gevolge.

Die Waarseer Die waarseer is lag met `n traan en huil met `n glimlag. Dit vertel die ware verhaal van sestig jaar gelede...
03/08/2015

Die Waarseer
Die waarseer is lag met `n traan en huil met `n glimlag. Dit vertel die ware verhaal van sestig jaar gelede toe `n dronk nutsman se sinnelose en droomlose bestaan skielik deur `n skynbaar toevallige gebeurtenis op sy kop gekeer word. Hy word die waarseer van die dorp en hy verander mense se lewens onafwendbaar en onherroeplik. Met onder andere David Rees, Neels Clasen en Hannes Brummer. Teks: Barry van Rensburg. Regie: Elizma Badenhorst.

Die hart is maar net `n pompEerlik, hartroerend (letterlik en figuurlik) en nostalgies word elkeen op `n reis geneem deu...
03/08/2015

Die hart is maar net `n pomp
Eerlik, hartroerend (letterlik en figuurlik) en nostalgies word elkeen op `n reis geneem deur die hospitaalgange van die Groote Schuur tot by hul eie hartskamers. Hier word die kyker deur Johan Engelbrecht se puik vertolking in die rol van dr. Chris Barnard gedwing om die hartseer en hartstog van die etiese worsteling tussen lewe en dood te ondersoek ?? en dit word dikwels slegs geskei deur die setel van bestuur.?
Hierdie dokumentere-drama vang die lewe van een van die mees ikoniese Suid-Afrikaners vas, terwyl dit steeds getrou bly aan die politieke elemente van daardie tyd. Dit is `n inspirerende verhaal oor die omstandighede rondom die historiese gebeurtenis: die eerste hartoorplanting.
Tydens die produksie sal die gehoor die emosie van `n sterwende pasient ervaar maar ook die passie van `n dokter wat alles sou doen om sy pasiente te help en die alleenheid van `n hart chirurg in daardie ure van die eerste hartoorplanting wat soos `n ewigheid gevoel het.
Die grootste doelwit van hierdie vertoning is egter om die publiek bewus te maak van die waarde om vir orgaanskenking te registreer en hoe een mens se verbintenis tot orgaanskenking nie minder as AGT lewens kan red nie. Dit is `n gebaar wat die dood self waardig is.

Die Cordon Broers se KossertJannie en Lochner span kragte saam vir heerlike kykgenot. "Die Broers" bied baie meer as net...
03/08/2015

Die Cordon Broers se Kossert
Jannie en Lochner span kragte saam vir heerlike kykgenot. "Die Broers" bied baie meer as net `n gewone kosvertoning. Terwyl vingerlek-lekker uitsoekresepte berei en gedeel word, trakteer Lochner en Jannie die gehoor op kitaarspel, staaltjies, wenke en sang. Alles in watertand-Afrikaans!

Die Woema van `n Windg*t WyfieDie komedie vol lewenswyshede is die opvolg van die sukseskomedies Annale van `n windg*t, ...
03/08/2015

Die Woema van `n Windg*t Wyfie
Die komedie vol lewenswyshede is die opvolg van die sukseskomedies Annale van `n windg*t, die Fiesta-bekroonde Ballade van `n bangg*t en Jou g*t my skat. Hierdie keer is `n unieke spesie aan die woord: `n windg*t wyfie met woema. Sy bekyk die mensdom, ingedeel in hardeg*tte, slapg*tte, bangg*tte en natuurlik windg*tte. Met Shaleen Surtie-Richards. Teks: Barry van Rensburg. Regie: Andre Stolz.

Die Klaagliedere van Ds. Tienie BenadeDominee Tienie Benade staar so strak soos die graf na die muur voor hom, sy blou-o...
03/08/2015

Die Klaagliedere van Ds. Tienie Benade
Dominee Tienie Benade staar so strak soos die graf na die muur voor hom, sy blou-oog en die pleister op sy voorkop duidelik sigbaar. ``Dit was Tannie Bets van Wyk wat my so geslaan het?.``
Sy gemeente se lot is dieselfde as baie ander gemeentes: Getalle is drasties aan`t daal, die skuldlas groei en sy senior kerkraadslede is knorrig en te oud om van hulp te wees. Ds. Benade verskyn op die verhoog met `n ghetto blaster waarop orrelmusiek en selfs ook die begeleiding van `n paar gesange opgeneem is. Die orrel se pype is gesteel soos die gehoor later in die preek verneem, daarom geen orrrel vir begeleiding nie. Die teater gehoor word vinnig deel van die``erediens`` wat hy een Sondagoggend lei.
Die tema vir sy ``preek`` is uit Klaagliedere geneem ``Wie is ek?.?`` en is alles behalwe `n dogmatiese verklaring van die teks. Die Klaagliedere van ds. Tienie Benade is `n storie van verdriet maar ook `n storie van hoop wat nie beskaam nie, `n bittersoet verhaal wat met deernis vertel word van `n Afrikaanse dominee in `n tyd waarin mense nie meer so getrou kerk toe gaan nie.
Frank Opperman vertolk `n meesterlike rol as predikant in hierdie eenmanproduksie. Die teks is geskryf deur die bekroonde skrywer Dana Snyman en die regie is gedoen deur Gerrit Schoonhoven.Dominee Tienie staar so strak soos die graf na die muur voor hom, sy blou-oog en die pleister op sy voorkop duidelik sigbaar. ``Dit was Tannie Bets van Wyk wat my so geslaan het..`` Die gewilde akteur Frank Opperman (aan baie bekend as Orkney Snork Nie se ``Ouboet``), is terug op die verhoog met `n splinternuwe produksie - Die Klaagliedere van Ds. Tienie Benade. Ds. Tienie Benade is `n middeljarige predikant van die Moedergemeente, aan die onderkant van Voortrekkerstraat, en hy bevind hom permanent in `n penarie. Sy gemeente se lot is dieselfde as baie ander gemeentes: getalle is drasties aan`t daal, die skuldlas groei en sy senior kerkraadslede is knorrig en te oud om van hulp te wees. Ds. Benade verskyn op die verhoog met `n ghetto blaster waarop orrelmusiek en selfs ook die begeleiding van `n paar gesange opgeneem is. Die orrel se pype is gesteel soos die gehoor later in die preek verneem, daarom geen orrel vir begeleiding nie. Die teatergehoor word vinnig deel van die ``erediens`` wat hy een Sondagoggend lei.Ds Tienie Benade is die predikant in `n sukkelende Afrikaanse gemeente. Die lidmaatgetalle kwyn en die skuldlas groei. Dis `n storie van verdriet maar ook van hoop wat nie beskaam nie en is `n bittersoet verhaal wat met deernis vertel word.

Address

Newcastle
2940

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when The Pines posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Establishment

Send a message to The Pines:

Share