09/06/2026
Asemrowende Sydney đŠĩ Geland sonder 'n druppel slaap, Marietjie (skoolvriendin) my kom inwag by lughawe. Ons travel met trein en ferry oor die mooiste mooi terwyl die son begin sak. Ons AirB&B bestemming is idillies op die Balmain East Ferry Wharf en so word ons entertain op die balkon met Vivid en die Sydney brug. Stap laataand ver deur historiese strate (om kos te gaan koop) kom dood-moeg maar oorstelp aan met kaas, brood en Pinot Noir op die balkon wat uitkyk op die water wat oorlaai is met verligte bote, ferries en die Sydney brug!!!! Ek val morsdood-moeg met een groot grin in my bed....