14/06/2026
As jy by my voordeur kom en jy sien ek is alweer nie tuis nie, vergewe my asseblief en kom later terug. Ek vind myself in n tyd van my lewe waar ek skielik baie meer famielie verantwoordelikhede op my vurk moet dra. Vroegoggend probeer ek als gou klaarkry maar soms vat dit langer en dan kom u by n toe winkel uit. Verskoon tog asseblief, ek sal aanhou om my bes te doen om my winkelure te hou, maar dit is elke dag anders. Gewoonlik is ek so om en by tienuur weer oop.