RETHA POOL Dramaskool

RETHA POOL Dramaskool Retha Pool MA DRAMA//NGOS//SACE GEREGISTREER
ONDERWYSER//REGISSEUSE//TEATERPRAKTISYN In 2008 en 2019 dring my produksies deur na na die nasionale finaal.

Gedurende my voorgraadse studies aan die Universiteit van die Vrystaat is ek deel van agt studenteproduksies en regisseuse van twee. In 1996 ontvang ek die Elsa Krantz-medalje as beste derdejaarstudent en in 2001 die Ben de Koker-prys as beste Honneursstudent in Drama en Teaterkuns. Ek verwerf in 2006 ‘n MA-graad in Drama en Teaterkuns (my navorsing handel oor die dramas van Reza de Wet). In 2019

voltooi ek ‘n aanlynkursus by Wits Drama For Life met die voorlegging van my eerste konsepnota vir doktorale studies in die kunste. Ek was vanaf 2002 – 2021 onderwyseres by Oranje Meisieskool in Bloemfontein waar ek vir die onderrig van Dramatiese Kunste, Skeppende Kunste (Drama) en Engels verantwoordelik was. In 2005 ontvang ek die FAK se MJ Thom-toekenning vir uitmuntende diens as jong Afrikaanse onderwyser in die Sekondêre Fase. In 2007 inisieer ek die Reza de Wet-Tienertoneelfees namens Oranje en vanaf 2009 is dit deel van die toneelprogram by die Vrystaat Kunstefees. Verskeie skole regoor die land is jaarliks deel van die suksesvolle fees. In 2017 het ek ’n dramatoer na Nederland, België en Frankryk gereël en leerders vergesel. Die hoofdoel was die bywoning van die World Puppet Theatre Festival in Charleville-Mezieres in Frankryk. Die fees word sedert 1961 aangebied en word as die grootste internasionale aanbieding van Objek-, Marionet- en Poppeteater beskou. ATKV-Tienertoneelkompetisie: My produksies wen in 2003, 2006, 2009 en 2019 die streeksfinale en in 2010 en 2015 kom my produksies tweede. My produksie hard, word in 2008 in die derde plek aangewys. In 2019 vind die eerste ATKV-Tjokkertoneelkompetisie plaas (toneelkompetisie en spreekkore vir slegs laerskoolleerderders). My graad 3 spreekkoor van die Primêre Meisieskool Oranje wen die streeksfinaal in Bloemfonein en behaal nasionaal derde plek. Montagu Jeugkunstefees: Ek besef mettertyd dat plaaslike optredes nie voldoende is vir my en my leerders om ons toneelvaardighede te ontwikkel nie. In 2008 begin ek om toneelherinneringe in Montagu bymekaar te maak. Die Montagu Jeugkunstefees verwelkom daardie jaar hulle eerste skool van die Vrystaat wat kom deelneem. Ons geniet elke oomblik van ons opvoering, ten spyte van die feit dat daar net sowat 7 mense in die gehoor was (die beoordelaars ingesluit!). Ons spandeer 5 wonderlike dae in die dorp. Ons fees, die dogters doen elke oggend skoolwerk en ons kyk op ’n ou Panasonic TV hoe Usain Bolt sy eerste olimpiese rekords opstel. Ons ontvang die Prestige trofee (ek dink omdat ons die skool met die beste bywoning was!)
Ons fees weer in 2009 en vat weer die Prestige trofee terug Bloemfontein toe. In 2014 kom neem ons weer deel en my produksie ontvang Dubbelgoud en ek die trofee vir Beste Nuutgeskrewe Teks. So ook in 2015. Die trofee vir die beste aanwending van tegniese hulpmiddels en ‘n nominasie vir beste regie is in 2016 aan ons toegeken. Ons toekennings vir 2018 is Dubbelgoud vir spel, tegnies, regie en teks asook die trofee vir beste regie. My produksie vir 2019 ontvang 13 Dubbelgoud-sertifikate. Fraserburg Logan Toneelfees: Vanaf 2015 tree ons ook op by die Logan Toneelfees. In 2017 ontvang ek die ATKV-skrywersprys vir kreatiewe gebruik van Afrikaans vir my teks, Requiem. In 2019 skryf en regie ek my eerste poppeteaterproduksie, tyd.saam. Twee van my spelers ontvang die Sir-trofee vir hul besonderse manipulasie van die donkiepop. Ons ontvang ook nominasies vir innoverende gebruik van Afrikaans en beste ensemble. In 1998 open die Retha Pool Dramaskool haar deure met ’n skamele dertien leerders wat drama as buitemuurse aktiwiteit neem. Ek bied dramaklasse aan vir graad 1 tot 12 leerders by verskeie skole in Bloemfontein. Ek het jaarliks leerders vir die SA Drama College eksamens ingeskryf. Teen 2019 kon ek met meer as 100 leerders in my skool spog. Vanaf 1998 was ek lid van die SA Dramakollege en vanaf 2007 – 2012 verteenwoordig ek die kollege as nasionale eksaminator.

Laaste Les pret🪇Die tweede kwartaal was wild besig and very english💂‍♂️Derde kwartaal is die sterre gerat vir RATEM Rive...
25/06/2025

Laaste Les pret🪇
Die tweede kwartaal was wild besig and very english💂‍♂️Derde kwartaal is die sterre gerat vir RATEM Riversdal en Montagu Eisteddfod🙅🏼‍♀️

Checkers mini’s is ook prettig en handig in die dramaklas👌🏻
14/10/2024

Checkers mini’s is ook prettig en handig in die dramaklas👌🏻

Spogtyd👏🏻Geluk aan die twee superstermanne🤩
04/09/2024

Spogtyd👏🏻Geluk aan die twee superstermanne🤩

11 Junie is die eerste International Day of Play en dis ook by die Pool Dramaskool gevier met nog Masker Maker Pret👺Die ...
19/06/2024

11 Junie is die eerste International Day of Play en dis ook by die Pool Dramaskool gevier met nog Masker Maker Pret👺
Die belangrike rol wat speel in kinders sowel as volwassenes se sosiale, intellektuele, emosionele en fisiese groei word op dié dag erken.

Masker🎭Makers🎨Pret ini Pool🎭Skool  Skeppende spel is ‘n universele taal wat mense van alle ouderdomme praat. Dit bou sos...
06/06/2024

Masker🎭Makers🎨Pret ini Pool🎭Skool
Skeppende spel is ‘n universele taal wat mense van alle ouderdomme praat. Dit bou sosiale bande en help kinders veral met die ontwikkeling van kognitiewe, kreatiewe en emosionele vaardighede wat hulle benodig om in ‘n vinnig veranderende wêreld te floreer.

2019 my laaste Bloem leerders gehad….Nou, 2023 en dis Dag 1 van my dramaskool hier in die Langeberge, bewolk en koel so ...
12/04/2023

2019 my laaste Bloem leerders gehad….Nou, 2023 en dis Dag 1 van my dramaskool hier in die Langeberge, bewolk en koel so saam met ‘n welverdiende koffie, warm hart só dankbaar vir die kans gewaag! Dis maar wie ek is en kies om te wees en dis ook goed so en genoeg🤩Een van die dae bestorm hierdie jongspan van my die verhoog👀ek het mos nie brieke nie💃 Retha Pool

Die week se Soekertjie🤩
21/03/2023

Die week se Soekertjie🤩

Magical things happen with the arts that are against all odds and limitations🙌🏻What an inspiration you are dear Lucy👏🏻
17/03/2023

Magical things happen with the arts that are against all odds and limitations🙌🏻What an inspiration you are dear Lucy👏🏻

Lucy, 13, wowed passers by in Leeds with her rendition of Chopin's Nocturne in B-flat minor.

13/03/2023

*Demoklas* hierdie week:
🌟Dinsdag 14:30-15:15 of
🌟Donderdag 14:30-15:15 by Montagu, Western Cape Laerskool
Die Montagu klasse vanaf 2e kwartaal gaan Dinsdae 13:45 of 14:30 by KWV-gebou wees of Donderdae 14:30 of 15:15 by Laerskool Montagu - Monties in die saal.
Dae en tye sal wel aangepas word nav belangstelling - huidige tye is maar net om weg te spring.

Demoklas by Laerskool Ashton
🌟Woensdag 15 Maart om 15:40-15:35 in juf Cora se klas. Klasse in die tweede kwartaal word ook beplan vir Woensdae na sport.

Learners wanting to attend drama classes in Robertson, see venue at CWIS school🎭Vir leerders wat drama klasse in Roberts...
10/03/2023

Learners wanting to attend drama classes in Robertson, see venue at CWIS school🎭Vir leerders wat drama klasse in Robertson wil bywoon, sien lokaal by CWIS school:

We are launching our community centre in January 2023. Browse through the list of exciting classes and activities on the calendar below. Contact the organisers directly for more information or to book your slot.

That’s me🤩
06/03/2023

That’s me🤩

Address

Montagu

Telephone

+27833022517

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when RETHA POOL Dramaskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share