Wabandskraal

Wabandskraal Ons doel is om ons mense weer aan ons herkoms voor te stel: Hoe ons voorsate geleef het, hul gebruike en hoe die kleingoed hulle besig gehou het.

Wabandskraal is 'n spesiale stukkie aarde sowat 25 km buite Bela-Bela. Hier woon Herman en Elbie Nel. Hierdie mense het 'n hart vir die Afrikanerkultuur. Hulle leef daarvoor om weer hul mense se Afrikaner harte sterk te laat klop! So wat sou dit behels? Maak gereed vir 'n onvergeetlike ervaring! Kom sien 'n wa-uitspanning: Sien hoe die ossewa as 'n huis gedien het, waar al die benodighede op die w

a gekom het en leer sommer ook hoe hulle geleef het! Saam met die wa-uitspanning is daar ook geleentheid om 'n rits demonstrasies te sien:
* Koffie brand
* Kerse maak
* Botter maak
* Tonteldoos
* Voorlaaier (geweer) skiet
* Stokbrood maak
* Kinder speelgoed maak bv. dolosse en stokpoppies

'n Daguitstappie na Wabandskraal is ideaal as jy in die omgewing is! Maar hoekom nie 'n naweek op Wabandskraal spandeer nie? Ons maak voorsiening vir 20 - 30 persone. Bring jou tent en vir slegs R200 per persoon kan jy die wa-uitspanning beleef saam met 'n paar van die demonstrasies! En dit sluit alle etes in! Onthou... hierdie is 'n egte trekboerervaring en daar is geen ablusiegeriewe nie ;)

22/04/2019
22/04/2019

Lekker uitspannings gehad die lang naweek

19/02/2019

Ons bied n kamp aan van af die 21 ste tot die 24 ste Mrt teen R350 pp dit is n langnaweek in die skool vakansie bel vir Elbie by 0722307898

19/02/2019

ONS BIED N KAMP AAN VAN AF DIE 21 ST MRT TOT DIE 24 ST MRT TEEN R350 PP DIT IS N LANG NAWEEK IN DIE SKOOL VAKANSIE ONS KAN N GROEP VAN 25 AKOMODEER BEL VIR ELBIE BY 0722307898

ONS DOEN UITSPANNINS WANNEER ONS GENOOI WORD OF DIT KAN OOK OP DIE PLAAS WEES AS DAAR NAVRA IS DOEN ONS DIT DAG BESOEKER...
25/01/2019

ONS DOEN UITSPANNINS WANNEER ONS GENOOI WORD OF DIT KAN OOK OP DIE PLAAS WEES AS DAAR NAVRA IS DOEN ONS DIT DAG BESOEKERS TEEN R50 p/p met n koffietjie en melktert kinders half prys

09/06/2018

Wat van n naweek kamp in hierdie vakansie by Wabandskraal teen R200 perpersoon kan so 25 persone akomodeer bel net vir Elbie by 0722307898

Ietsie anders vir die nuwejaarstafel:Aartappelkoekies3 aartappels1 ui1t sout 3 E koekmeel 2 eiersMetode:Was en rasper di...
28/12/2017

Ietsie anders vir die nuwejaarstafel:

Aartappelkoekies
3 aartappels
1 ui
1t sout
3 E koekmeel
2 eiers

Metode:
Was en rasper die artapels en die ui op die growwe kant van die rasper.
Gooi sout, eiers en koekmeel by.
Roer tot goed gemeng.
Verhit n pan.
Maak net nat met olie nie te veel nie.
Skep lepels vol in die pan druk n bietjie plat en bak tot mooi bruin aan alby kante.
Roer die beslag goed deur elke keer voor jy dit in die pan skep om die vog in te meng.

Wat van iets eg Suid-Afrikaans vir Kersete? Vlakvark op die spitLaat dit 3 dae in die marinade lê van:750 ml rooiwyn500 ...
22/12/2017

Wat van iets eg Suid-Afrikaans vir Kersete?

Vlakvark op die spit
Laat dit 3 dae in die marinade lê van:
750 ml rooiwyn
500 ml asyn
4 lourierblare
12 peperkorrels
8 naeltjies
2 gesnyde uie

Metode
Keer 2 keer per dag om.
Plaas op spit en braai tot gaar.
Maar sous van die deurgesygde wynmengsel en smeer oor die vleis terwyl dit braai.

Uit die veldapteek: Vir BloeddrukNeem Olienhout blare.  Trek dit soos tee. Laat afkoel. Drink 'n kelkie 3 keer per dag.
21/12/2017

Uit die veldapteek: Vir Bloeddruk

Neem Olienhout blare.
Trek dit soos tee.
Laat afkoel.
Drink 'n kelkie 3 keer per dag.

Ons het bietjie gekuier byPalala Geloftefees, Naboomspruit.
19/12/2017

Ons het bietjie gekuier byPalala Geloftefees, Naboomspruit.

Op trek: watervaatjie en driepoot veilig onder die wa.
04/12/2017

Op trek: watervaatjie en driepoot veilig onder die wa.

Op trek was daar vir elke ding 'n plekkie. Hoenders moet verseker ook saam!
27/11/2017

Op trek was daar vir elke ding 'n plekkie. Hoenders moet verseker ook saam!

Address

Modimolle

Telephone

072 230 7898

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Wabandskraal posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share