Wabandskraal

Call Directions

Wabandskraal Ons doel is om ons mense weer aan ons herkoms voor te stel: Hoe ons voorsate geleef het, hul gebruike en hoe die kleingoed hulle besig gehou het.

Wabandskraal is 'n spesiale stukkie aarde sowat 25 km buite Bela-Bela. Hier woon Herman en Elbie Nel. Hierdie mense het 'n hart vir die Afrikanerkultuur. Hulle leef daarvoor om weer hul mense se Afrikaner harte sterk te laat klop! So wat sou dit behels? Maak gereed vir 'n onvergeetlike ervaring! Kom sien 'n wa-uitspanning: Sien hoe die ossewa as 'n huis gedien het, waar al die benodighede op die wa gekom het en leer sommer ook hoe hulle geleef het! Saam met die wa-uitspanning is daar ook geleentheid om 'n rits demonstrasies te sien:
* Koffie brand
* Kerse maak
* Botter maak
* Tonteldoos
* Voorlaaier (geweer) skiet
* Stokbrood maak
* Kinder speelgoed maak bv. dolosse en stokpoppies

'n Daguitstappie na Wabandskraal is ideaal as jy in die omgewing is! Maar hoekom nie 'n naweek op Wabandskraal spandeer nie? Ons maak voorsiening vir 20 - 30 persone. Bring jou tent en vir slegs R200 per persoon kan jy die wa-uitspanning beleef saam met 'n paar van die demonstrasies! En dit sluit alle etes in! Onthou... hierdie is 'n egte trekboerervaring en daar is geen ablusiegeriewe nie ;)

Address

Modimolle

Telephone

072 230 7898

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Wabandskraal posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share