Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees

Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees Vier dae vol pret en plesier by Bergvlam Skoolgronde in Nelspruit. Musiekverhoë en nog vele meer vermaak van vroeg tot laat.

Innibos trek elke jaar omtrent 100 000 mense en jy kan al Suid Afrika se top kunstenaars by een plek sien.

25/08/2026

Kom kuier saam by die Innibos Boekenaweek op Kaapsehoop.

✍️ Skryf jy graag poësie, of wil jy jou stem op papier beter leer ken?Die ATKV-Skryfskool se Poësiewerkswinkel vorm deel...
21/08/2026

✍️ Skryf jy graag poësie, of wil jy jou stem op papier beter leer ken?

Die ATKV-Skryfskool se Poësiewerkswinkel vorm deel van die Toyota Innibos Boekenaweek in Kaapschehoop en word aangebied deur Tom Dreyer en Jennifer Pape.

📅 Donderdag, 27 Augustus 2026
⏰ 10:00 tot 15:00
📍 Kaapsche Hoop-gastehuis, Kaapschehoop
🎟️ R300 per persoon, insluitend eet- en drinkgoed

Slegs 25 volwasse deelnemers kan deelneem, so bespreek betyds.

Besprekings: [email protected] | 084 207 4282

JenniferPape Kaapschehoop AfrikaansePoësie

Woorde wat vuurmaak. Musiek wat vrede maak.Frieda van den Heever bring haar musiek- en woordproduksie, Airdrop: Jy is no...
20/08/2026

Woorde wat vuurmaak. Musiek wat vrede maak.

Frieda van den Heever bring haar musiek- en woordproduksie, Airdrop: Jy is nou hier, vir die eerste keer na die Laeveld.

Verwag ’n intieme aand van oorspronklike musiek, gedigte, stories en geliefde verwerkings by Bohemian Groove Café.

📅 Vrydag, 28 Augustus
⏰ 19:00
🎟️ Kaartjie: R200 per persoon

’n Ligte aandete is by Bohemian Groove Café beskikbaar en moet vooraf bespreek word.

Bespreek jou kaartjies by innibos.co.za

📚 Saterdag by Innibos BoekenaweekSaterdag bring ’n lekker mengsel van speurverhale, fiksie, avontuur en poësie na Kaapsc...
19/08/2026

📚 Saterdag by Innibos Boekenaweek

Saterdag bring ’n lekker mengsel van speurverhale, fiksie, avontuur en poësie na Kaapschehoop.

Op die program:

📖 Wild Things Never Die met Sally Andrew, in gesprek met Karin Schimke
📖 Die vrou met nege lewens met Debbie Loots, in gesprek met Susan Booyens
📖 Waar die teerpad ophou: Op ’n motorfiets deur Afrika met Jean Cooper, in gesprek met Annemarie van der Walt
📖 Die Serwiër met Carel van der Merwe, in gesprek met Susan Booyens
📖 Vatso! met Tom Dreyer, Jennifer Pape en Muller Minnaar, met voorlesings en woord en wederwoord uit Brief op veertigduisend voet, Waar daar eens ’n see was en Die langste jaar ooit

📅 Saterdag, 29 Augustus
📍 Kaapschehoop
🎟️ R50 per boekgesprek
🎟️ R400 vir ’n naweekkaartjie wat al die boekgesprekke insluit

Blaai deur die carousel en beplan jou Saterdag by Boekenaweek.

Bespreek jou kaartjies by innibos.co.za

📚 Vrydag by Innibos BoekenaweekVrydag se program is propvol harde feite, geskiedenis, aktuele sake en ’n besonderse aand...
18/08/2026

📚 Vrydag by Innibos Boekenaweek

Vrydag se program is propvol harde feite, geskiedenis, aktuele sake en ’n besonderse aand van musiek en woorde.

Op die program:

📖 Kansvatter: Die rustelose lewe van Ben Viljoen met Carel van der Merwe, in gesprek met Marius Bakkes
📖 Historiese Almanak: Onthou jy nog? met Albé Grobbelaar, in gesprek met De Wet Potgieter
📖 Parlementpraatjies met Pieter Mulder, in gesprek met Annemarie van der Walt
📖 Oscar Pistorius: The BIG Lie and the Right to a Fair Trial met Chris Marnewick, in gesprek met Jana van der Merwe
📖 Zama Zama: Inside the Illicit Mining Underworld met Graham Coetzer, in gesprek met Hancu Louw
🎶 Airdrop: Jy is nou hier, ’n musiek- en woordproduksie deur Frieda van den Heever

📅 Vrydag, 28 Augustus
📍 Kaapschehoop
🎟️ R50 per boekgesprek
🎟️ R400 vir ’n naweekkaartjie wat al die boekgesprekke insluit
🎶 Airdrop: R200 per persoon

Blaai deur die carousel vir die volledige Vrydagprogram.

Bespreek jou kaartjies by innibos.co.za

17/08/2026

Lizz Meiring doen die dames-klub weergawe van die Real Housewife op 22 Augustus by die NG-Kerk Witrivier tydens ‘n dames-oggend. Kaartjies by Quicket. Bespreek vandag!

♻️ Van afval tot waarde!Toyota Innibos 2026 het nie net herinneringe gemaak nie, ons het ook ’n positiewe impak agtergel...
14/08/2026

♻️ Van afval tot waarde!

Toyota Innibos 2026 het nie net herinneringe gemaak nie, ons het ook ’n positiewe impak agtergelaat.

Saam met Green Guru Solutions is ’n indrukwekkende 8 470 kg herwinbare materiaal tydens die fees ingesamel en gesorteer, terwyl meer as 56 m³ afval van die stortingsterrein afgeweer is.

Van glas en karton tot PET-bottels, aluminiumblikkies en plastiek, elke kilogram maak ’n verskil.

Want ALLES WAT IN IS, moet ook iets goeds agterlaat. 💚

Dankie aan Green Guru Solutions en elke feesganger, uitstaller en spanlid wat gehelp het om Toyota Innibos 2026 groener te maak.

WasteManagement GreenEvents SustainableEvents EnvironmentalImpact FestivalSustainability Mpumalanga Mbombela

📚 Innibos Boekenaweek-kaartjies is nou beskikbaar!Van harde feite en geskiedenis tot misdaad, avontuur, poësie en sexy f...
11/08/2026

📚 Innibos Boekenaweek-kaartjies is nou beskikbaar!

Van harde feite en geskiedenis tot misdaad, avontuur, poësie en sexy fiksie. Vanjaar se program bring ’n boekrak vol gesprekke wat jou gaan laat d**k, lag en nog lank ná die tyd laat praat.

Kom kuier van 28 tot 30 Augustus 2026 saam met ons in die beeldskone Kaapschehoop.

🎟️ R50 per boekgesprek
🎟️ R400 vir ’n naweekkaartjie wat al die boekgesprekke insluit

Bespreek jou kaartjies nou by innibos.co.za

Laeveld LeesIsLekker Boekgesprekke AllesWatINIs

Dankie dat JY met al jou gees en lekker vibes hierdie jaar IN was by Toyota Innibos!Ons is reeds opgewonde om aan te kon...
23/07/2026

Dankie dat JY met al jou gees en lekker vibes hierdie jaar IN was by Toyota Innibos!

Ons is reeds opgewonde om aan te kondig dat Toyota Innibos 2027 van 1–4 Julie in Mbombela plaasvind!

Merk die datum, begin solank spaar en maak gereed vir nóg vier dae van van onvergeetlike oomblikke!

Ons sien jou volgende jaar!

Address

Geelhoutlaan 21, Hoërskool Bergvlam
Mbombela
1211

Opening Hours

Wednesday 10:00 - 22:00
Thursday 10:00 - 22:00
Friday 10:00 - 22:00
Saturday 10:00 - 22:00

Telephone

+27137415294

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share