23/06/2026
Hey Guys.
My naam is Christiaan Boks but julle ken my as DJ TY-C SA.
Om music te doen was net nooit n easy journey. En om 10 jaar music te doen was n uitdaging vir my. Ek het al van kleins af gweet dat ek eendag music sal doen want ek kom van n familie af wat baie lief was vir music. My oupa Chrisjan Boks was die een wat die pad gstap het sodat ons kan volg. In hierdie 10 jaar was daar baie teleurstellings but steeds het vooruit gbou en gleer. Een ding is verseker om music te doen was nog nooit n easy career. Even met gigs soms los jo equipment vir jo in die steek en jy kan net joself blame want jy moes gcheck het. but dit het my nooit afsit nie want elke teleurstelling het my meer motiveer om beter te doen. Vir upcoming Djs wil ek net se. die journey isi easy nie. Even without gigs bou voor aan jo music. Elke DJ se journey is anders so moet nie verwag dinge moet oor nag gbeur nie. hierdie werk vereis harde werk en uithou vermoe. As jy regtig lief is vir music moeti opgee na dinge nie jo way gegaan het nie. Most of all bou jo support met mense wat regtig in jo glo want wees verseker jy kani dit sonder support doen nie. Dankie vir almal wat van die begin af met my die pad gstap het en nogsteeds loyal aan my is en die music wat ek maak. love you guys.
DJ TY-C SA.