Vroeg Gesproke Africaansch

Vroeg Gesproke Africaansch Die dramatisering, verwerking en opvoering van 1800's Suid-Afrikaanse stories, gedigte, briewe, dialoë en toneelstukke.

🌍📜 Vroeg Gesproke Africaansch®Vroeë Suid-Afrikaanse Teater & Stem, Ongetem.✨ D**k jou in: die Kaapkolonie in die vroeë 1...
19/08/2025

🌍📜 Vroeg Gesproke Africaansch®

Vroeë Suid-Afrikaanse Teater & Stem, Ongetem.

✨ D**k jou in: die Kaapkolonie in die vroeë 1800’s...
Nie net boere en skepe nie — maar satire, skandes en teater!

Ontmoet Charles Étienne Boniface, die vurige Franse akteur wat die Kaapse verhoog in ’n slagveld verander het. Met sy bytende komedies en hekeltonele het hy sy vyande oopgevlek — hulle gierigheid, huigelary en dwaasheid genadeloos uitgestal.

Hierdie was die eerste vonke van Suid-Afrikaanse teater — rou, rebels, en ongelooflik vermaaklik.

📖 Die nuwe gids, Vroeg Gesproke Africaansch®, neem jou op ’n reis deur hierdie ongetemde stories van ons vroegste akteurs, karakters en optredes — nog lank voordat “Suid-Afrikaanse teater” ’n naam gehad het.

👉 Stuur vir ons ‘n DM met die woord AFRICAANSCH om jou gratis PDF te kry en die wêreld van Boniface en sy teen-standers te ontdek.

🎭 Charles Étienne Boniface: Skrywer van Suid-Afrika se Eerste ToneelstukCharles Étienne Boniface (1787–1853) was ’n Fran...
20/07/2025

🎭 Charles Étienne Boniface: Skrywer van Suid-Afrika se Eerste Toneelstuk

Charles Étienne Boniface (1787–1853) was ’n Frans-gebore skrywer, dramaturg, redakteur en een van die pioniers van Suid-Afrikaanse teater. Lank voordat teater aan die Kaap ernstig opgeneem is, het Boniface geskiedenis gemaak deur die eerste gepubliseerde toneelstuk in Suid-Afrika te skryf — met plaaslike karakters en temas.

📜 Sy bekendste werk, De Nieuwe Ridderorde of de Temperantisten, is ’n briljante satire wat die geveinsdheid van sogenaamde morele hervormers (soos die Matigheidsbeweging) uitbeeld. Boniface spot met die absurditeite van hul gedrag: hulle preek matigheid en soberheid, maar word self gereeld dronk gesien — op “heilige” vergaderings, nogal.

👥 Die karakters — soos Dominee Humbug, Sir John Brute, Delirium Tremens, en die innemende kroegman Krikie — is ’n kleurvolle ensemble van skynheilige morele kampvegters. In die onvergeetlike 4de Bedryf word Manus Kalfachter, ’n eenvoudige man van Bethelsdorp, as ridder van die Orde geïnisieer — in ’n ritueel wat vinnig ontaard in ’n klugagtige drankfees.

💡 Boniface was sy tyd ver vooruit:

Hy het die eerste gepubliseerde toneelstuk in Suid-Afrika geskryf.

Hy het plaaslike karakters en situasies gebruik, insluitend koloniale en inheemse figure.

Hy het vroeë vorme van Afrikaans laat hoor in die dialoog van sy “gewone” karakters — wat ons ’n kosbare blik gee op die oorsprong van die taal.

Hy was ook medestigter en redakteur van twee belangrike koerante: De Zuid-Afrikaan en Het Kaapsche Tydschrift.

🔥 Nou, vir die eerste keer in dekades, bring ons Nieuw Ridderorde terug op die planke — met ’n fokus op die humoristiese en teatraal absurde 4de Bedryf waar Kalfachter as Ridder ingehuldig word.

🎬 Sluit aan by die Actor’s Process-groep om die Engelse of Afrikaanse weergawe van die toneel te lees, te speel, of net saam met ons te beleef.

📣 Kom ervaar hierdie kultuurerfenis in lewendige, lagwekkende aksie.

09/05/2025

’n Verdraaiing van Geskiedenis: Waarom Vroee Afrikaans Weer Gehoor Moet Word

Geskryf deur die Vroeg Gesproke Africaansch stigter en akteur Zacharia Botha

Gister het Afrikaans amptelik sy honderdjarige mylpaal as amptelike taal bereik. En soos klokslag het daar op al die Engelse én Afrikaanse platforms ’n storm van inhoud losgebars—artikels, video’s, meningsstukke—alles met een doel: om betrokke te wees. Want Afrikaans is weer in die mode. Dis trending. En dit beteken: likes. Bereik. Aandag. Daar’s weer belangstelling in die taal—en in al die aspekte van dié taal.

Maar wat my regtig tref, is iets wat al ’n rukkie by my spook. Elke keer as ek deur vroeë koerante, briewe en dokumente blaai—veral van die 1820’s af—raak ek bewus van ’n stil verdwyning. Moderne artikels praat óf glad nie van hierdie oorspronklike bronne nie, óf hulle hanteer dit oppervlakkig. Wat dan die plek daarvan inneem, is ’n nuwe stel ideologiese filters—’n soort herskryf van die geskiedenis, met ’n inklusiwiteitsagenda en ’n moderne moralistiese lens.

In plaas daarvan dat die vroeë geskiedenis van Afrikaans met al sy stemme en vorme volledig vertel word, word dit herskep om aan hedendaagse politieke vereistes te voldoen. In baie publikasies is daar byvoorbeeld ’n oordrewe fokus op Arabies-Afrikaans as die énigste oorsprong, en ’n stil uitsluiting van ouer, minder “aanvaarbare” figure soos Charles Boniface, Suasso de Lima en Henri Meurant.

Ons spring oor die tydperk tussen 1795 en 1875 en reguit na S.J. du Toit. Want dit is makliker. Dit pas in die narratief. Maar wat gebeur as jy só met die geskiedenis omgaan, is dat jy nie meer feite navors of bronne raadpleeg nie—jy begin ’n weergawe van die verlede skep wat gerieflik pas by jou tydsgees.
En dit is juis daardie soort benadering wat ek teenstaan met my projek, Vroeg Gesproke Africaansch. Ek dramatiseer en vertolk materiaal uit daardie vroeë tydperke—nie as museumstukke nie, maar as lewende tekste met konflik, emosie, humor en storielyne. Ek soek narratiewe tekste waarin iets gebeur, waar karakters praat, reageer, droom of stoei. En dié stories is volop—mits jy weet waar om te kyk.

Maar wat doen ons in die hoofstroomartikels? Ons lê byna uitsluitlik klem op Arabies-Afrikaans. Asof dit die alfa en omega is van vroeë Afrikaans. Dis ’n gevaarlike enkelvertelling. Want:
Jy moet Arabies kán lees en verstaan om dit te waardeer; Dit vereis spesiale toegang tot argiewe en kundigheid; En dit maak dat sogenaamde inklusiwiteit in werklikheid eksklusiwiteit word.

Dít is ironies. En dis onregverdig teenoor die ander bronne wat veel makliker toeganklik is—briewe, koerante, liedere, satire en toneel uit die hele 1800’s. Werk wat in Latynse skrif en dikwels foneties geskryf is. Werk wat deur gewone mense geskryf is. Mense wie se stemme ons nou weer stilmaak.

Afrikaans is ’n volkstaal. En dit is presies waar die krag van die taal lê: nie in gesagstekste of monumente nie, maar in stemme van mense wat praat. En praat. En praat.

Afrikaans het vir dekades lank (soos ons sien met die opkoms van joernalistiek in die 1820’s in geskrewe vorm, maar moontlik reeds eeue tevore in gesproke vorme) bestaan lank voordat dit formele geskrewe erkenning gekry het.

Jy vind vroeë Afrikaans in poësie, spotliedere, briewe in koerante soos De Zuid-Afrikaan, toneelstukke (De Nieuwe Ridderorde, 1832), dagboeke, gepubliseerde boeke (soos die opmerkings van buitelanders soos Teenstra in 1826), en selfs gebundelde samespraak-publikasies soos dié van Klaas Waarzegger en Jan Twiverlaar deur Henri Meurant in 1860—en dan uiteindelik ook bybelvertalings, ensovooorts

Maar wanneer daardie bronne uitgevee of stilweg verwyder word uit moderne vertellings, verloor ons toegang tot die volkstaal. Jy maak dit eksklusief. Jy skep die indruk dat Afrikaans slegs in Arabies geskryf is vir gewone mense. En dit is eenvoudig onwaar.

Dis asof die taal se ryk register en geskakeerde oorsprong onwelkom geword het in vandag se akademiese of mediagedrewe omgewings.

Een van die aspekte wat ek graag uitlig in my werk, is die karaktertipes in vroeë Afrikaanse skryfwerk. Jy kry die plaaswerker of vagabond, die setlaar en boer, die buitelander—allemaal met hul eie satire, ironie en volkswysheid.

Hierdie karaktertipes toon die werklike diversiteit van taalgebruik in die Kaap, Natal, die Vrystaat en Transvaal. En hulle is toeganklik. Jy kan dit lees, verstaan, dramatiseer, herleef.

Maar as ons daardie stemme uitsluit in ’n poging om net “korrekte” bronne te gebruik, verloor ons nie net insig nie—ons verloor ons erfenis. Die stiltes groei. En dit is... wel, dit is maar net bietjie hartseer.

D**k aan Shakespeare. Sy werk is moeilike, vroeë moderne Engels. Maar dis toeganklik gemaak deur apps, vertalings, voorlesings, opvoerings. Jy hoef nie ’n professor in Elizabethaanse taal te wees om Hamlet te verstaan nie.

Waarom doen ons nie dieselfde vir ons eie vroeë skrywers nie? Waarom is die karakterbriewe van De Lima, Boniface en Meurant nie toeganklik nie? Waarom word toneelstukke soos De Nieuwe Ridderorde, Clasius Stupidibus & Bavianus, vergete gehou? Selfs Melt Brink se eerste toneelstukke uit die Aurora-tydperk verdien herontdekking.

Dis tyd vir ’n kultuur van dramatiese lees en speel uit ou tekste—soos wat dit bedoel was.

Kyk na my verskeie interpretasies van een van die oudste voorbeelde van Afrikaans. Die spotlied van 1795 (’n so met Die Erfenisstigting se museumteater: https://www.facebook.com/share/15Sn77xbfA/? )—dalk die oudste voorbeeld van gesproke Afrikaans wat oorleef het. Dis nie weggesteek in ’n akademiese proefskrif of museumuitstalling nie. Dis in tydskrifte, boeke oor Afrikaans se ontstaan, op webwerwe—en nou definitief in gedramatiseerde vorm.

So asseblief—kyk die video’s, luister na die voorlesings, en herontdek saam met Vroeg Gesproke Africaansch die wêrelde van daardie eerste stemme. Nie net Arabies nie. Nie net “korrek” nie. Maar volkome, gesproke, vroeë Afrikaans. Dis inklusief juis omdat dit divers is. Juis omdat dit nie inpas nie.

Dis tyd dat ons ophou om vroeë Afrikaans in ’n netjiese, politieke pakkie toe te draai. Dis tyd om dit weer te hóór.

Onvervalst. Ongesensor.Onbeskaamd.

Dis jóú taal. Jóú mense. Jóú storie

08/05/2025

In hierdie weergawe van die storie, wat in Kempton Park afspeel, word ’n wag deur die polisie geroep om kabeldiewe op te spoor. (video)

Ons kies dan straks het hase pad, gaat mee !
08/05/2025

Ons kies dan straks het hase pad, gaat mee !

06/05/2025

’n Vroeg Gesproke Africaansch Skets (video)

02/05/2025

‘n Vroeg Gesproke Africaansch Skets

📻  op  Taaldinge! 📻Ons projek, Vroeg Gesproke Africaansch, was onlangs op RSG se Taaldinge, waar ons gesels het oor vroe...
31/03/2025

📻 op Taaldinge! 📻

Ons projek, Vroeg Gesproke Africaansch, was onlangs op RSG se Taaldinge, waar ons gesels het oor vroeë vorme van Afrikaans en twee dramatiese voorlesings gedeel het. 🎭

✨ ‘n 1800’s dialoog tussen ‘n reisiger en ‘n plaasboer – vol unieke taal en uitdrukkings!
✨ ‘n Gedig uit 1795 oor die Slag van Muizenberg – ‘n blik op die vroeë Afrikaanse taalritme!

Luister nou en ontdek die taal van daardie tyd! 🎙 🔗 Link in bio.

🎙️ Vroeg Gesproke Africaansch op RSG Taaldinge! 📻Ons het die voorreg gehad om met Ina Strydom op RSG Taaldinge te gesels...
31/03/2025

🎙️ Vroeg Gesproke Africaansch op RSG Taaldinge! 📻

Ons het die voorreg gehad om met Ina Strydom op RSG Taaldinge te gesels oor Vroeg Gesproke Africaansch – 'n projek wat 1800's SA stories dramatiseer, verwerk, en opvoer.

Een van die hoogtepunte was die voorlesing van twee dramatiese tekste uit die 1700’s en 1800’s, wat ‘n lewendige klankbeeld skep van die Afrikaans destyds:

📜 “Lied ter Eere van de Swellendamse en diverse andere helden bij de bloedige actie aan Muizenburg” (1795)
’n Ritmiese en dramatiese teks wat ‘n blik gee op die vroeë taalgebruik in poëtiese vorm, met kenmerkende frases soos “Ons sweer zoo maar by zon en maan” en die dramatiese uitroep “O wee!”

🎭 ‘n Gesprek uit Martin Teenstra se werk (1830’s)
’n Dialoog tussen ‘n besoeker en ‘n plaasboer, met woorde soos “banja” (baie), “braaf” (baie goed/sleg), en “rech, rech!” (regtig), wat ‘n duidelike klankbeeld skep van vroeë gesproke Afrikaans.

Hierdie gesprek en voorlesings bring ons taalgeskiedenis op ‘n nuwe manier tot lewe!

Luister na die volledige onderhoud hier:
🔗 https://omny.fm/shows/taaldinge/taaldinge-30-maart-2025

Hoe klink hierdie vroeë Afrikaans vir jou? 🎭📖

In die aanloop tot die feesvierings om Afrikaans se 100-jarige bestaan as amptelike taal te vier, val die fokus op ‘n projek oor vroeë gesproke Afrikaans, en die tekste van die jare 1820 en verder. Die vryskutakteur, Zach Botha, vertel vir Ina Strydom waar die belangstelling vandaan kom, en wat d...

23/03/2025

🎥 Kempton Park Wag – Waar geskiedenis en komedie ontmoet! 😂

’n Bang wag... 'n kabeldief kat... en chaos rondom die beroemde spookhospitaal in Kempton Park. 🐾🏥

👉 As jy van die video hou, druk die like-knoppie en deel dit met jou vriende!
🧐 As jy van geskiedenis hou, deel dit asseblief met iemand wat ook mal is oor snaakse stories uit die verlede!
📲 Volg ons op IG/FB vir nog stories, geskiedenis en lekker lag!

Address

5 Loretha Street
Kempton Park
1619

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Vroeg Gesproke Africaansch posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share