31/08/2022
WAT KINDERS GELEER HET:
1. Wanneer jou Ma kwaad is vir jou Pa, moenie dat sy jou hare kam nie.
2. As jou suster jou slaan, moenie terug slaan nie, hulle vang altyd die tweede persoon.
3. Jy kan nie honde vertrou om jou kos op te pas nie.
4. Moenie nies terwyl iemand jou hare sny nie.
5. Jy kan nie βn stukkie blomkool in jou glas melk wegsteek nie.
6. Die beste plek wanneer jy hartseer is, is op Ouma of Oupa se skoot.
7. Maak nie saak hoe jy die koeldrank meet nie, maar jou broer het altyd meer koeldrank as jy.
8. As daar lekker nagereg is moenie laaste by die bak uitkom nie.
9. Lekkergoed is geneig om jou eetlus weg te neem en jou boude te laat brand.
10. Honde en katte hou ook nie van ertjies nie.
>
WAT VOLWASSENES GELEER HET:
1. Om βn tiener groot te maak is soos om jellie aan βn boom vas te kap.
2. Jou ouers was reg toe hulle altyd gesΓͺ het, βWag maar, jy sal verstaan as jy die dag kinders het.β
3. Middeljare is wanneer jy jou ontbytgraan kies vir die vesel en nie die plesier nie.
4. Jy kry jou kinders uit die huis maar nie uit jou sak nie.
5. Geduld is toe nie net βn woord nie, dis inspanning.
6. Kinders grootmaak is nie vir sussies nie.
7. Selektiewe doofheid is nie βn fisiologiese gebrek nie maar βn verdedigings-meganisme.
8. Mens wonder hoekom jou kinders jou ander helfte se humeur en geite geΓ«rf het.
9. Tieners beskryf die ouderdom tussen tien en geduld.
10. Ouers word βdommerβ met elke generasie.
>
WAT DIE OUDERDOM ONS LEER:
1. Om oud te word, is verpligtend, om groot te word, is opsioneel.
2. Vergeet die gesondheidskosse, ek het al die preserveer middels nodig wat ek kan inkry !
3. Wanneer jy val, wonder jy wat jy nog alles kan doen terwyl jy daar onder lΓͺ, sodat dit minstens die moeite werd was.
4. Jy weet jy word ouer wanneer βn skommelstoel jou dieselfde sensasie verskaf as wat βn βroller coasterβ gedoen het jare gelede.
5. Dit is frustrerend wanneer jy al die antwoorde ken maar niemand doen die moeite om jou te vra nie.
Via whats app ontvang.