MYtv Aanlyn

MYtv Aanlyn Mahala kykgenot op MYtv AANLYN se gratis televisie kos jou absoluut niks om na te kyk nie en boonop is als in Afrikaans!

Hier kuier ons lekker saam in Afrikaans!

🔎 Baasspeurder is NOU op eExtra!Elke Sondag 20:30 – moenie dit mis nie!Kyk dit op:➡️ Kanaal 105 op OVHD➡️ Kanaal 195 op ...
04/11/2025

🔎 Baasspeurder is NOU op eExtra!

Elke Sondag 20:30 – moenie dit mis nie!

Kyk dit op:
➡️ Kanaal 105 op OVHD
➡️ Kanaal 195 op DStv

Onthou al die episodes is ook gratis beskikbaar op ons webtuiste: https://www.mytv.co.za/reekse

Ken jy dalk 'n Bruin Afrikaanse Sjef in Gauteng. wat ons nuwe kosmaakprogram sal wil aanbied. Share asb! Dankie byvoorba...
25/08/2025

Ken jy dalk 'n Bruin Afrikaanse Sjef in Gauteng. wat ons nuwe kosmaakprogram sal wil aanbied. Share asb! Dankie byvoorbaat!

🔥🍳 **Is jy die volgende TV-kosster?** 🍳🔥

Ons is op soek na ’n talentvolle bruin Afrikaanse sjef wat gereed is om die nuwe gesig van ’n kookprogram op eExtra te word! 🎥✨

👉 Stuur jou 5-minute OUDISIE video na [email protected]
👉 Gee vir ons meer detail oor jouself, waar jy geleë is, naam en van en maak 'n vinnige dis, sodat ons kan sien jy weet hoe!
👉 Manlik of vroulik
👉 As kosmaak jou passie is, jy gemaklik voor die kamera is, en mense kan inspireer… dan wil ons JOU hê!** 🌟

**Word die sjef wat Suid-Afrika se huiskombuise aan die kook sit!** 🍲🥘



---

# # # Terme en Voorwaardes 📌

1. Slegs **bruin Afrikaanse sjefs** kan inskryf.
2. Oudisievideo mag nie langer as **5 minute** wees nie. Vertel ons wie jy is en maak 'n vinnige dis sodat ons kan sien jy weet hoe!
3. Video’s moet voor die sperdatum ingestuur word - 1 September 2025
4. Deur jou video in te stuur, gee jy toestemming dat dit intern gebruik mag word vir keuringsdoeleindes.
5. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word nie.
6. Kandidate moet beskikbaar wees vir moontlike verfilming en promosie.

Goeie nuus!Agterpad word op e.tv Extra uitgesaai! Elke Sondag 14:35. En vanaand (Dinsdagaande) weer om 21:55. Kanaal 195...
09/04/2024

Goeie nuus!

Agterpad word op e.tv Extra uitgesaai! Elke Sondag 14:35. En vanaand (Dinsdagaande) weer om 21:55. Kanaal 195 op DSTV.

05/04/2023

Like, Share en Subscribe op ons YouTube kanaal vandag nog.

STARSAT STOP MYTV EN ONSETV OP HUL DEKODEERDER15 September 2022Vir onmiddellike vrystelling.StarSat stop Afrikaans, na 1...
15/09/2022

STARSAT STOP MYTV EN ONSETV OP HUL DEKODEERDER

15 September 2022
Vir onmiddellike vrystelling.
StarSat stop Afrikaans, na 13 jaar.
StarSat wat die Suid-Afrikaanse tak van StarTimes Media is, het ‘n einde aan Afrikaans gebring op die StarSat dekodeerder. StarTimes Media het TopTV in 2013 oorgeneem en is in vele Afrika-lande beskikbaar. MYtv (voorheen ASTV) en OnseTV, ‘n kanaal uitsluitlik bedoel vir die bruin gemeenskap, sal vanaf 1 Oktober 2022 nie meer op StarSat te siene wees nie.
OnseTV se uitsending het op 29 September 2017, op StarSat begin.
Omdat die bestuur van OnseTV daagliks met ‘n wye verskeidenheid mense in die bedryf werk en dit duidelik was dat daar nie ‘n gefokusde kanaal was om na die grootste Afrikaanssprekende gemeenskap om te sien nie, is daar besluit om ‘n TV-kanaal te skep, spesifiek vir die bruin Afrikaanstaliges. OnseTV is al vir 5 jaar suksesvol op die lug. Alhoewel die reaksie uit ons onmiddellike gekleurde gemeenskappe ongelooflik was en steeds is, het StarSat die nuus aan die bestuur van beide OnseTV en MYtv gebreek dat hul kontrakte nie hernu gaan word nie. Geen rede vir die besluit is verskaf nie.
Die bestuur van OnseTV voel dat alle groepe binne die bruin gemeenskap ‘n stem gekry het, maar dat daardie stem nou stilgemaak is.
OnseTV het ‘n tuiste vir die bruin gemeenskap geword. Om hul kultuur en taal voluit uit te leef en sodoende kulturele gapings te oorbrug. Die ongetapte talent en talentvolle mense wat teenwoordig is in hierdie gemeenskap, was voorheen weggewys by hoofstroom media.
OnseTV se leuse is VIR ONSE MENSE DEUR ONSE MENSE, wat beteken dat ‘n hele nuwe wêreld van geleenthede, werkskepping en betrokkenheid by die kanaal oopgegaan het, vir mense wat nooit vantevore hierdie geleenthede gehad het nie.
MYtv, die Afrikaanse kanaal wat voorheen as ASTV bekendgestaan het, was in en uit Rustenburg bedryf. Hierdie kanaal het eers op die VIVID platform begin uitsaai en is later in Oktober 2009 op TOPTV as enigste Afrikaanse kanaal aanvaar.
Gedurende 2013 is die Besturende Direkteur, Jaco Ferreira, deur e.tv genader en ‘n transaksie tussen Sabido Investments en ASTV is beklink, waar ASTV op die Openview HD dekodeerder ook begin uitsaai het. Na hierdie kontrak verstryk het, is ASTV se uitsending op OVHD gestaak. Maar steeds het ASTV voortgegaan met uitsending op die StarSat dekodeerder. ASTV se naam is toe verander na MYtv om by die OnseTV-gesin te pas. InPasTV (‘n Christelike kanaal) is ook saam met OnseTV deur StarSat aanvaar, maar na ‘n wyle verwyder.
Ons groet StarSat met ‘n swaar hart, maar is baie dankbaar vir die 13 jaar wat ons gegun is om daar te kon uitsaai. Ons sal ewig dankbaar wees vir die tyd wat ons saam met die StarSat-span kon spandeer. “Dalk het ons ons tienerskoene nou uitgegroei en is dit tyd om die “grootmens-wêreld” aan te durf” sê die MYtv/OnseTV bestuurspan.
Aangesien tegnologie daagliks meer en meer vorder, sit hierdie span nie stil nie en is reeds besig om hul vlerke te sprei. Kykers kan die volgende webtuistes besoek om gratis na beide kanale se programme te kyk. Ons sien jou op www.mytv.co.za en www.onsetv.co.za.
SOSIALEMEDIASKAKELS:
MYtv: www.facebook.com/MYtvAanlynSosiaal
Webwerf: www.mytv.co.za/
OnseTV: www.facebook.com/onsetv
Webwerf: www.onsetv.co.za/
PUBLISITEIT EN BEMARKING:
Hilda Ferreira
Sel: 082 383 6364
E-pos: [email protected] / [email protected]

28/09/2021

GOEIE NUUS! VASKAP is terug! Donderdag 19:30 skop ons af met 'n splinternuwe seisoen! Vir die begin gaan ons elke 2de Donderdag 'n nuwe program uitsaai. Vir diegene wat nie StarSat het nie, nooi ons julle om te registreer by www.mytv.co.za. Volg dan die stappe na VASKAP. Vir die wetuiste kos dit jou R30 per maand. Ons doen ons bes om elke Donderdagaand 'n nuwe episode te bring, maar vir eers net elke 2 weke totdat ons genoeg fondse het om weekliks 'n nuwe program uit te saai.
Gaan registreer! Ons het jou nodig!

Ons span saam met PEOPLE WHO LIVE IN CENTURION (PWLIC) en ons Wiskunde ghoeroe, Gerrie Schoeman van MathMechanics deur '...
24/09/2021

Ons span saam met PEOPLE WHO LIVE IN CENTURION (PWLIC) en ons Wiskunde ghoeroe, Gerrie Schoeman van MathMechanics deur 'n kompetisie te loots waar jou kind die kans staan om sy/haar deel van R20 000 se pryse te wen! Al wat jy moet doen is om jou kind in te skryf vir ons Wiskunde kompetisie. 5 Gelukkige kinders gaan wen en gaan individuele Wiskunde aandag by Gerrie kry.

Hier is meer oor die kompetisie - Jy moet op www.mytv.co.za gaan inskryf!

https://www.facebook.com/groups/PWLIC/posts/10159518106974233/

DIE DAG HET AANGEBREEK! Moreaand 20h00 sal die finale episode van EKSIEPERFEKSIE op www.mytv.co.za beskikbaar wees om te...
25/01/2021

DIE DAG HET AANGEBREEK! Moreaand 20h00 sal die finale episode van EKSIEPERFEKSIE op www.mytv.co.za beskikbaar wees om te kyk! Ons vertrou almal sal hierdie een geniet want Elmarie lyk soos 'n nuwe mens. Elmarie het 'n hele rits pryse losgeslaan o.a 'n fotosessie met Nicole Moore. Kom loer gerus! GENIET DIT!

Address

Johannesburg

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 17:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when MYtv Aanlyn posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Establishment

Send a message to MYtv Aanlyn:

Share

//iconSize: [32, 32], //html: '' }) .bindTooltip(name, { //permanent: true, direction: 'bottom', //offset: L.point(12, 25), //opacity: 0.88, interactive: true }) .bindPopup(name); markersLayer.addLayer(marker); } function getMore() { if (gettingMore) { return; } gettingMore = true; var center = map.getCenter(); $.ajax({ url: "/vicinitysearch", data: { lat: center.lat, lng: center.lng, country: "SOUTH AFRICA" } }) .done(function(data) { var added = 0; data.forEach(function(loc) { if (!locationIds.includes(loc.id)) { var mapLoc = {id:loc.id,lat:loc.latitude,lng:loc.longitude,title:trunc20(loc.name),popupHtml:loc.popupHtml,urlPath:loc.urlPath,pictureUrl:loc.pictureUrl}; locations.push(mapLoc); locationIds.push(loc.id); map._addMarker(mapLoc); added++; } }); }) .always(function() { gettingMore = false; }); } map._clearMarkers = function() { markersLayer.clearLayers(); } }); }, 4000); });