05/04/2026
Dit is die beste nuus wat ooit aangekondig is: die graf is leeg! Amper 4 jaar gelede het ek die Gospel (“die goeie nuus”) aanvaar en Jesus in my lewe verwelkom, en ek kan jou eerlik sê, dit het my lewe onherroeplik verander; vir die beter! Vrede wat ek nooit voorheen geken het nie, ’n doel wat groter is as myself, en ’n liefde wat geen mens my kon gee nie. As jy vandag voel asof iets ontbreek, asof daar ’n leegheid is wat jy nie kan verduidelik nie; dan is dit dalk presies hierdie boodskap wat jou lewe kan omdraai. Dit het myne gedoen. Die boodskap van Jesus is nie net ’n (ware) storie nie: dit is hoop, genade en nuwe lewe, en dit is vir almal!
As jy nie weet hoe of waar om te begin nie, begin deur jou Bybel op te tel en een hoofstuk per dag te lees - begin sommer by Matteus, en bid tot God en vra Hom om jou sondes te vergewe, bekeer en draai weg van sonde, en kyk hoe jou lewe verander deur genade deur geloof alleen, nie deur werke nie maar net deur genade. God het klaar alles op die kruis gedoen (“It is finished” John 19:30). Dit sal die beste (en belangrikste) besluit wees wat jy ooit neem!
As jy enige vrae het, stuur vir my ‘n inbox. Ek help graag waar ek kan 😊🙏