Bomskerf

Bomskerf We offer Movie and PlayStation rentals; Arts & Crafts Supplies;
Filming of events like weddings, school concerts and action events. Repairs of appliances

Our shop offers a range of services: Movie and Playstation rentals, Arts & Craft supplies, gifts, laser cutting and engraving, baking department, household appliance repairs as well as videography services.

12/01/2023

Einde 2022 is Bomskerf finaal gesluit, die arts en crafts afdeling ook. Die koopkrag in die dorp het net te min geraak om dit aan die gang te hou. Gebou is verkoop en die nuwe eienaars gaan in 2023 hul ding daar doen, iets heel anders.
Ons is steeds baie aktief met die laser cutting, doen 90% van ons besigheid landswyd online, is al op 3 cutters en kry in Januarie 2023 'n UV printer ook om ons dienste verder uit te brei.
Natuurlik is die dorp en omgewing se kliente, oud en nuut, baie welkom om ons "fabriekie" te besoek. Landehuis 8 Jan Kempdorp, naby die CVO skool. Ons maak steeds "custom" produkte volgens elkeen se behoefte en wag tot julle sien wat ons alles met die UV printer gaan doen!
Kan ook bel: Mandie 082 9600887 Ryno 076 5609878

Sien julle hier!

Volledige reeks crafters acrylic en Chalk paint weer ingekry, ook goeie kwalitiet kwaste en rollers.
06/02/2021

Volledige reeks crafters acrylic en Chalk paint weer ingekry, ook goeie kwalitiet kwaste en rollers.

10/10/2020

Net om verwarring wat die rondte doen uit te skakel: Bomskerf is nie HEEL toe nie, dis slegs die DVD afdeling wat nie meer daar is nie, die arts @ crafts goedjies en laser cutting is steeds daar. Asook die nuwe afdeling met tweedehandse meubels wat pas begin het, kom loer in!

DIE EINDE VAN 'N ERA! Na 20 jaar het Bomskerf DVDs tot 'n einde gekom. Soos die ou liedjie "video killed the radio star"...
29/08/2020

DIE EINDE VAN 'N ERA!

Na 20 jaar het Bomskerf DVDs tot 'n einde gekom. Soos die ou liedjie "video killed the radio star" kan ons nou sê "streaming killed the rental star". Vanaf vroeg 2000 was dit vir ons 'n vreugde om Bomskerf DVDs te bedryf en was dit die tipe werk waarna ek uitgesien het om soggens heen te ry. Ons het vandag se jong volwassenes vanaf kindwees gesien opgroei in Bomskerf. Dis 20 jaar van ons lewens wat ons geniet het en wat ingebrand sal bly in ons geheues.

MAAR, wees verseker, al is die DVDs nou nie meer daar nie, die Arts & Crafts afdeling gaan steeds voort en gaan ons met nuwe ywer daaraan aandag gee.

HOU HIERDIE BLAD DOP, ander nuwe dinge is in beplanning en sal eersdaags afskop!

26/11/2018

Hierdie blad dien nie vir ons as 'n punt van kommunikasie met kliënte nie, slegs vir kennisgewings en advertensies. Indien jy iets wil weet oor 'n plasing hier of enige ander navrae, kontak 076 5609878 tussen 8am en 6pm.

Tyd stap, ons is alweer net 2 maande van 'n nuwe jaar af! Desember skoolvakansie beteken altyd 'n hele klomp nuwe, goeie...
26/10/2018

Tyd stap, ons is alweer net 2 maande van 'n nuwe jaar af! Desember skoolvakansie beteken altyd 'n hele klomp nuwe, goeie flieks, hier is 'n paar posters van flieks wat ons reeds het en sommige wat gedurende November op die rak sal kom.

Oor 2 weke pak ons weer ons kersfees DVDs ook uit tesame met 12 nuwes wat bestel is, almal met 'n "feel good" kersfees tema.

Nuwe PS4 en XBox One games word ook gereeld op die rak bygesit.

Dit alles verseker dat die vakansie nie lank en vervelig gaan wees nie, kom kry al jou vermaak by ons!

Bomskerf se stalletjie by die wild en neutfees. Allerhande crafts en laser cut items. Kom kyk!
27/07/2018

Bomskerf se stalletjie by die wild en neutfees. Allerhande crafts en laser cut items. Kom kyk!

Nuwe besending verf pas uitgepak. Crafters acrylic 40 kleure!Chalkpaint in baie mooi skakerings!
20/07/2018

Nuwe besending verf pas uitgepak. Crafters acrylic 40 kleure!

Chalkpaint in baie mooi skakerings!

BluRay disc uitverkoping.Meer as 160 beskikbaar, goeie titels!R100 vir 3, kom kyk in die winkel.Ook meer as 200 DVDs te ...
07/07/2018

BluRay disc uitverkoping.

Meer as 160 beskikbaar, goeie titels!

R100 vir 3, kom kyk in die winkel.

Ook meer as 200 DVDs te koop, omtrent 40 PS3 games en ook n paar PS4 en XBox 360 games.

Daar is 'n groot tekort aan versiersuiker in die dorp. In BOMSKERF se koekafdeling is nog heelwat versiersuiker, maar mo...
15/06/2018

Daar is 'n groot tekort aan versiersuiker in die dorp. In BOMSKERF se koekafdeling is nog heelwat versiersuiker, maar moenie te lank wag, dit gaan nie lank hou as almal dit agterkom nie!

Bomskerf, Stellastraat 7, Jan Kempdorp, 076 5609878

Ons is op 50!! 50 x PS4 games te huur op die rak. Daar is iets in almal se smaak: Shooters, RPG's, racing, sport, kiddie...
15/06/2018

Ons is op 50!! 50 x PS4 games te huur op die rak.
Daar is iets in almal se smaak: Shooters, RPG's, racing, sport, kiddies, simulators en fantasie.

Al is die PS3 stadig besig om uit te fasseer het ons steeds ook nog 70 PS3 games te huur.

Na genoeg navraag het ons ook pas begin om XBox One games aan te hou, nog net 3 maar dit sal verseker ook groei.

EN ONTHOU: Die wat nog nie weet, ons is nie meer Sondae oop nie, alles wat jy Saterdag uitneem kan jy hou tot Maandag sonder om vir die ekstra dag te betaal! Die gamers veral score baie daaruit!

Te koop:Playstation 3, 320Gb, 4 controls (geen fakes, almal oorspronklike Sonys en al 4 werk 100%, een is splinternuut),...
07/06/2018

Te koop:

Playstation 3, 320Gb, 4 controls (geen fakes, almal oorspronklike Sonys en al 4 werk 100%, een is splinternuut), dubbel chargingbracket, 20 games in perfekte werkende kondisie almal in hul eie boksies wat ook nog netjies is.

Games is: Formula 1 Championship edition, Formula 1 2012, Fifa 13, Final Fantasy XIII, Mass Effect 3, Crysis 3, Army of Two, Far Cry 2, Far Cry 3, Far Cry 4, Space Marine, Soulcaliber V, Borderlands, GOTY edition, Dynasty Warriors 6, Dynasty Warriors 7, Darksiders, NHL15, Battlefield Bad Company 2, Prince of Persia Trilogy en dan Skylanders met die Swapforce starterpak en 'n ekstra karakter by.

R3900.00, maar sal ook 'n billike aanbod aanvaar.

Onthou ook die Xbox One special hieronder, verskaffer het genoem dat getalle nou min is.

Address

7 Stella St
Jan Kempdorp
8550

Opening Hours

Monday 09:00 - 18:00
Tuesday 09:00 - 18:00
Wednesday 09:00 - 18:00
Thursday 09:00 - 18:00
Friday 09:00 - 18:00
Saturday 08:30 - 15:00

Telephone

+27765609878

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Bomskerf posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Establishment

Send a message to Bomskerf:

Share