12/07/2026
Sommige mense laat 'n merk. Ander laat 'n nalatenskap.
Paul van Niekerk was een van daardie mense. Hy het nie net in Hopetown gewoon nie – hy het vir Hopetown geleef. Met 'n oop hart, harde werk en onwrikbare liefde vir ons dorp het hy homself keer op keer gegee, sonder om iets terug te verwag.
Hy was een van die dryfkragte agter ons Kwêla Dorp van die Jaar-veldtog. Hy het geglo dat Hopetown verdien om raakgesien te word. Hy het geglo in ons mense, ons gemeenskap en ons toekoms.
Vandag is hy nie meer hier om saam met ons die eindstreep te haal nie. Maar ons is.
Kom ons voltooi waarvoor hy so hard gewerk het. Kom ons gee vir Paul die huldeblyk wat geen woorde ooit sal kan beskryf nie. Kom ons wys dat sy liefde vir Hopetown nie verniet was nie.
As elkeen van ons net 'n paar SMS'e stuur, kan ons sy droom help verwesenlik.
📱 SMS "Hopetown" na 33157
💙 R1,50 per SMS
💙 Maksimum 30 SMS'e per nommer
🗓️ Stemlyne open: Sondag 12 Julie om 20:00
🗓️ Stemlyne sluit: Vrydag 17 Julie om 12:00
Wanneer die wendorp op 2 Augustus aangekondig word, hoop ons om te kan sê:
"Paul... ons het dit reggekry. Hierdie een is vir jou." 💙
Rus sag, Paul. Jou liefde vir Hopetown sal nooit vergeet word nie.