Barn Café

Barn Café Leer meer oor koffie, kyk kunswerke en kuier saam! Kinders
Ons as ouers van jong kinders, wil graag ons kinders blootstel aan kuns en kultuur.
(5)

Kinders is welkom by vertonings, in ag genome dat ouers verantwoordelikheid vir kinders aanvaar en kinders te alle tye onder die toesig van hulle ouers is. Kinders ouer as 7, neem 'n sitplek in beslag, en betaal volprys. Kos
Ons het 'n pad gestap met kos, en met nie-kosse. Om verskeie redes sny ons grootliks graan uit ons dieët en vermy ons suiker. So ver moontlik, bly ons weg van alle geprosessee

rde kosse met enige vorm van kleur- en geurmiddels. Ons eet kos, so na aan natuurlik as wat ons kan kry. Wat ons voorsit, is gluten- en suikervry. Vir versoeting word heuning en soms xylitol gebruik. Amandel-, pekanneut- en klappermeel word vir enige gebak ingespan. Kuns
Visuele- en uitvoerende kunste lê ons na aan die hart. Ons word verryk en vind aanklank en inspirasie in dit wat kunstenaars ons bied. Ons wil dinge sien en hoor wat ons laat dink, ons grense verskuif, ons ongemaklik laat voel, maar wat ons bowenal in ons menswees laat groei. Elkeen van ons kom met 'n ander inslag, agtergrond en verwagting na die kunste, elkeen gaan 'n ander belewenis hê. Kunstenaars help om alledaagse dinge te onbloot en te verwoord.

Payment Options:   Cash Mastercard Visa

Attire: Casual

Address

Animal Farm B&B
Hartswater
8570

Telephone

0783343867

Specialties

  • Coffee

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Barn Café posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category