31/08/2026
💖 Doppies van Hoop – ’n Hart vol Herinneringe en Hulp!
In Wyk 10 het Jawitz saam met die gemeenskap ’n nuwe tradisie begin: die Doppies van Hoop‑hartjie wat nou trots voor Jawitz Hartenbos Seefront staan. 🌈
Soos in die goeie ou dae waar elkeen ’n hand uitsteek, word hierdie hart gevul met klein plastiekdoppies — elkeen ’n teken van omgee.
Die fondse wat deur die doppies ingesamel word, gaan na die Ouetehuise in Wyk 10 vir noodsaaklike hulpmiddels soos rolstoele en ander benodighede. 🦽💙
Op die foto staan Raadslid Leon van Dyk, Wykskommitee lid Anette Ferreira, Willie Nel en Yolandré de Ruijter van Jawitz, saam met Hartenbos Seefront Sentrum Bestuur, Yolandé Lindeque.
Almal met ’n glimlag en ’n hart vir hul gemeenskap. 🌻
Kom gooi jou doppies in die hartjie en word deel van hierdie mooi storie van hoop, herinnering en saamstaan. 💫