Harties Kuierkerk

Harties Kuierkerk Kuierkerk is 'n onafhanklike kerk waar ons God 3enig aanbid - Vader, Seun en Gees. Dienste: Sondae 09.00 Ons predikant is ds. Hy is ons Saligmaker en Redder.

Ons glo elke mens stap 'n unieke pad met God en ons aanvaar mekaar, kuier saam en leer by mekaar. Kuierkerk is 'n informele kuierplek waar elke persoon se unieke belewenis met God Drie-eenheid belangrik is. Ons glo dat verhoudings met God en mekaar belangrik is - en veral kuier om 'n koppie koffie. Anton van Zyl wat sy Teologiese studies aan die Universiteit van Pretoria voltooi het asook sy Meest

ersgrade in Teologie, Missiologie, Antieke tale en Gesinsberading. Hy kom uit die NG kerk tradisie en is by uitstek 'n kenner op die gebied van kerkvernuwing. Hy is in sy hart 'n hedendaagse kerkhervormer wat glo God het 'n unieke pad met elke mens en daarom moet elkeen sy geloof kan uitleef binne sy eie konteks en in 'n veilige geloofsgemeenskap waar verhoudings en liefde belangriker is as mensgemaakte reels. God is immers liefde in die eerste plek! AS jy nog wil weet - hier is in kort nog ietsie: Anton was aanvanklik 'n NG predikant op Harties. Hy het egter 'n hart vir kerklos en kerkseer mense wat kerke verlaat as gevolg van verskeie redes. Hy het Kuierkerk begin as 'n groot selgroep aanvanklik - informeel - en dit het self gegroei tot 'n onafhanlike kerk. Ons glo aan persoonlike verhouding met God en om elkeen te respekteer met sy eie unieke Christelike belewenis. Ons wil nie dat te veel reels die rigting bepaal nie, maar wel persoonlike verhouding met God drie-eenheid.

●Ons glo in 'n seën wees vir die mensdom soos God vir Abraham al doerityd die opdrag gegee het en dit ook vir ons kom wys het in Jesus se lewe op aarde.
●Ons glo in Christus as God wat mens geword het. Sonder hom is ons niks.
●Ons glo om soos Hy 'n seen te wees vir ander. En die Ou testament is belangrik om die nuwe te verstaan. Anton is ook besig met twee oorsig Bybelskole om die hele Bybel in sy volheid te probeer verduidelik maar in eenvoudige terme.
●Ons glo in die Ou Testament as grondslag vir die Nuwe en die gebooie en als en dat Christus die wet volbring het. Ons het niks snaakse dogma nie.
●En ons glo almal moet hul gawes kan toepas in die kerk en dat almal betrokke moet wees op grondvlak in die wêreld waar hulle vir en namens Christus 'n verskil moet maak. Die woord Kuierkerk is eintlik afgelei van Koinoinia wat mos die gemeenskap van die heiliges beteken. Ons meen dat Kuier die gemaklikste vorm van saamkom is - Kuier as Christene en in die naam van Christus. Ons dienste begin Sondae so van 8:30 af maar amptelik 9 uur. Vooraf drink ons saam koffie en kuier saam en eet beskuit! Dan begin ons met bietjie voorsang - met kitaar en klawerbord. Dan is die preek aan die beurt. Jy is welkom. Daar is n kinderkerk vir voor- en laerskool kinders tydens diens aan die gang. Ons is op Google maps. Skemerberg hartbeespoort. https://goo.gl/maps/LzAktPUArxypxMm27

📢Dis weer sulke tyd‼️Kom geniet 'n lekker prettige en gesellige Bingo oggend wat verseker baie lag en lekker gesels insl...
01/09/2026

📢Dis weer sulke tyd‼️

Kom geniet 'n lekker prettige en gesellige Bingo oggend wat verseker baie lag en lekker gesels insluit!

⏰ komende Woensdag (02 September) om 10:00am
📌 Kuierkerk Kafeteria

Kom geniet 'n lekker koppie ☕ en eet 'n soet dingetjie 🍪🍿

Sien uit daarna om julle hier te sien 🤩🤍

Somer is op pad. Lieflike oggend by Harties Kuierkerk en Skemerberg Venue.
23/08/2026

Somer is op pad. Lieflike oggend by Harties Kuierkerk en Skemerberg Venue.

Love erases all.
10/08/2026

Love erases all.

Someone shared that they were shown my Jesus Eraser cartoon in church and asked what it said to them. A little five year old guy shot his hand up and said “he’s rubbing out the lines and letting the love in”. I just loved that.

04/08/2026

❤️ A Heartfelt Thank You to Our Incredible Sponsors ❤️

Your generosity, partnership, and belief in our vision make it possible for thousands of families to enjoy a day filled with laughter, great food, music, shopping, and unforgettable memories. Your support doesn't just help create a festival—it helps strengthen our community.

From everyone at Zakiti Fees 2026 | Harties' Biggest Family Food Festival, Harties Kuierkerk and Skemerberg Venue, thank you for investing in something that brings people together.

We are truly grateful for your support and look forward to working together again in the future.

Please help us show our appreciation by supporting these incredible local businesses whenever you can. ❤️

Best festival ever! Zakiti Fees 2026 | Harties' Biggest Family Food Festival
04/08/2026

Best festival ever! Zakiti Fees 2026 | Harties' Biggest Family Food Festival

Good times! Zakiti Fees 2026 | Harties' Biggest Family Food Festival
04/08/2026

Good times! Zakiti Fees 2026 | Harties' Biggest Family Food Festival

31/07/2026

Sien julle daar! Zakiti Fees 2026 | Harties' Biggest Family Food Festival 1 Aug vanaf 10.00-17.00!

29/07/2026

⏳ Dis amper tyd... Zakiti Fees is hierdie Saterdag! 🎉🐂

Kom geniet 'n dag vol pret vir die hele gesin by Harties se grootste gesinsfees.

🎶 Lewendige musiek
🍔 Heerlike kos en drinkgoed
🛍️ Meer as 80 stalletjies
👨‍👩‍👧‍👦 Aktiwiteite vir die kinders
🐂 Mechanical Bull
🚜 Vintage enjins
🎨 Kuns, handwerk en inkopies
🎁 Kompetisies, pryse en nog baie verrassings!

📅 Hierdie Saterdag • 1 Augustus 2026
📍 Skemerberg Venue, Hartbeespoort
🕙 10:00 – 17:00
🚗 Slegs R50 per motor

Pak die familie, nooi jou vriende en kom beleef 'n dag vol lag, lekker kos en onvergeetlike herinneringe.

Ons sien jou hierdie Saterdag by Zakiti Fees! 🤠🎉

👉 Tag die mense wat saam met jou kom.
👉 Deel hierdie plasing en help ons om Harties se grootste gesinsfees nóg groter te maak!

28/07/2026

Vintage engin lovers - you are invited!

1 Augustus in Harties! ZAKITI PLAASFEES - 'n BEES van 'n FEES!

Bederf jouself met Herman Alberts Jr. se unieke uitstalling van stationary engins. Ja, die aarde gaan dreun van die nostalgie! Marcus Steinmann bring ook sy vintage enamel naamborde/padtekens.

By Skemerberg Venue, Hartbeespoort - volg die reuse padborde - ons is ook op google maps.

10.00 - 17.00. R50 per voertuig om in te kom.

PLUS: lekker boerekos, pannekoek, vintage shop, arts & crafts, Cigar lounge, koffieshop, boskroeg, kinder-area, perdryritte, en meganiese bul en baie meer!

Ook 'n rits bekende sangers wat die hele dag die wieg van die mensdom se grond onder jou voete gaan laat rock! En baie meer!
Bring die gesin en kom kuier op die plaas met die beste uitsig oor die Magaliesberg en die Hartbeespoortdam!

Hiehaa - sien jou daar! SHARE, asb! DANKIE!

Zakiti Fees 2026 | Harties' Biggest Family Food Festival

Address

Skemerberg Plot 291 Rietfontein
Hartbeespoort

Opening Hours

Monday 08:00 - 12:00
Tuesday 08:00 - 12:00
Wednesday 08:00 - 12:00
Thursday 08:00 - 12:00
Friday 08:00 - 12:00
Sunday 08:30 - 10:00

Telephone

+27822580970

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Harties Kuierkerk posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Establishment

Send a message to Harties Kuierkerk:

Shortcuts

Share