10/10/2026
Vandag wil ons net uit ons harte uit dankie sê. ❤️
Aan elke kliënt wat deur ons deure stap, ons ondersteun en deel is van The Famiglia se storie! Dankie dat julle hierdie droom saam met ons moontlik maak. Julle beteken vir ons meer as wat woorde kan sê.
Aan ons personeel, dankie vir julle harde werk, julle toewyding en alles wat julle elke dag insit om The Famiglia te maak wat dit is. En aan ons ouers en kinders, dankie vir die ondersteuning, geduld en opoffering agter die skerms. Ons waardeer elkeen van julle opreg. 🤎
Een jaar van herinneringe, harde werk, groei en soveel mooi oomblikke. Ons is ongelooflik dankbaar vir elkeen wat deel is van hierdie Famiglia-familie en opgewonde oor wat nog voorlê.
Dankie dat julle saam met ons hierdie droom leef. Hier’s op nog baie jare, baie koffie en baie mooi herinneringe saam! 🤍
Liefde,
Die Famiglia-eienaars