Sheila Louw

Call Directions Contact the establishment

Sheila Louw She's at peace and yet somehow on fire.

09/08/2026
KrisisElisabeth Eybers   Dis hier waar ons twee skei – jy, Hart, en ek, albei tot afskeid so onvoorbereid. Die weg was l...
09/08/2026

Krisis
Elisabeth Eybers

Dis hier waar ons twee skei
– jy, Hart, en ek,
albei tot afskeid so onvoorbereid.
Die weg was lieflik
waarlangs jy gelei’t
maar dis verby,
al staar jy terug.
Nou strek die pad
langs klowe, afgrond en moeras. Voortvarend en ’n lafaard soos altyd
en nooit in staat tot enige besluit
en siek daarby,
is jy nou net ’n las.
Jy was die gas en gasheer
by die fees,
die seremoniemeester en die nar:
jou dwase raad
kan net die Hoof verwar
waar elke tree
die laaste tree mag wees.
Kyk, dit word laat,
die kermis is verby,
kan jy dit nie begryp?
Hier moet ons skei.

"My liefling,dis weer winterek verlang net (dis maar al)soms as dit so koud isen die reën so aanhou val.Maar vandág, my ...
09/08/2026

"My liefling,
dis weer winter
ek verlang net (dis maar al)
soms as dit so koud is
en die reën so aanhou val.

Maar vandág, my lief
is dit mooiweer in die Kaap.
Die wolke (wat so grou was)
is na elders weggeraap.

By Houtbaai se hawe
vlieg die seevoëls salig, vry
oor die bote wat daar vasmeer
en tot by Hangberg
en verby.

En onthou jy nog die meeue
wat krappe vang en vreet,
of het jy lank reeds van die meeue
en die louheid van ’n wintersdag
in Juniemaand vergeet.

(Alles gaan verby, my lief
ook hierdie sagte son;
die skadu’s en die skemertes
en die donkertes sal kom.)

Die mis styg uit die water op
om tussen boot en mas te hang;
so is dit maar dat ek middaglaat
weer veels te veel verlang.

Lief,
dit word nou skemer...
ek sien Venus is aan’t vlug
oor die hawe hier by Houtbaai
en oor Karbonkelberg se rug.

En soms hunker ek na jou
na ons saamwees
na jou lag –
soos na ’n hawe in ’n storm
en soos na Houtbaai (met haar liggies)
in die nag."

© Carma Shaw

📷 Brian van Hansen

09/08/2026

Fair use - no copyright infringement intended.From Kris' debut alb...

Address

Vredendal
George

Telephone

+27810404216

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Sheila Louw posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Establishment

Send a message to Sheila Louw:

Shortcuts

Share

Category