09/01/2026
'n Voorlaaier is ’n geweer wat, onder andere, tydens die Groot Trek gebruik is en wat by die bek van die loop gelaai is. Dit was die Voortrekkers se vernaamste wapen. Elke man het waarskynlik 'n voorlaaier of twee besit en daarsonder sou dit vir hom moeilik gewees het om te oorleef. Dit is nie net gebruik om vleis in die pot te sit nie, maar ook vir verdediging in tye van gevaar.
Benewens die standaard-enkelloopvoorlaaiers het sommige Voortrekkermans ook dubbelloopgewere gehad. Elke loop was met sy eie pan en vuursteen toegerus. Andries Pretorius het so ’n dubbelloopvoorlaaier besit en tydens die Slag van Bloedrivier gebruik. Hy word inderdaad met daardie geweer in sy hand as een van die vier hoekwagte van die Voortrekkermonument in Pretoria uitgebeeld.
Tydens die afgelope Wemmershoek Geloftefees, het verskeie mans en kinders, die geleentheid gekry om met voorlaaier gewere en pistole te skiet. Indien jy ook 'n kans wil staan om jou skoot af te trek, maak seker dat jy by 2026 se fees is.