04/09/2026
The Stage Performing Arts Studio bied aan
DIE KLEIN MEERMINNETJIE
Duik die Dieptes in met “Die Klein Meerminnetjie”…
‘n Betowerende avontuur vir jonk en oud. Waar die sonlig op die golwe dans en die see sy geheime fluister, wag ’n verhaal vol avontuur,
humor en hart. Onder die blou waters leef ’n jong meermin met ’n droom groter as die oseaan.
Sy verlang na ’n wêreld bo die golwe, waar alles nuut en onbekend is. Maar elke wens het ’n prys en elke keuse bring ’n nuwe stroom.
Terwyl die verhaal ontvou, ontmoet ons kleurvolle seediere, ondeunde seekreature, dapper helde en ’n skelm seeheks wat altyd ’n plan gereed het.
Tussen koraalriwwe, skatte en borrels leer ons dat ware moed nie in vinne of voete lê nie, maar in die hart. Want soms moet jy diep onder die oppervlak kyk om die ware waarde van liefde en vriendskap te ontdek.
The Stage Performing Arts Studio bied met trots aan Die Klein Meerminnetjie. Hierdie geliefde
sprokie kry ’n vars, verbeeldingryke aanslag uit die pen van Siobhan Taljaard, met energieke
choreografie deur Braeden Buys en regie deur Yolandé Rabé kry elke karakter nuwe diepte en elke toneel bruis van kreatiwiteit, avontuur en see-magie.
Die produksie beloof om gehore van alle ouderdomme mee te voer op ’n onvergeetlike reis vanaf die bodem van die see tot by die strand.
Die gety wag vir niemand nie, die seesterre skitter en die golwe roep. Kom duik saam in ’n wêreld waar drome dryf, harte sing en elke borrel ’n nuwe avontuur beloof.
📍 Die Collective Arts Teater, Boston, Bellville
🧜🏽♀️ 11 September @ 18:00 & 12 September @ 11:00 (UITVERKOOP), 14:30 & 18:00
🧜🏽♀️ R150pp
🧜🏽♀️ Kaartjies by [email protected]
Die Klein Meerminnetjie – waar elke golf ’n storie vertel en elke hart sy eie skat ontdek.
Sien julle by die see! 🌊