14/01/2025
Dis die begin van ons nuwe jaar en party van ons is dalk optimisties en ander pesimisties, want dis alles van voor af.. Na gister se vergaderings en die loer na die jaarprogram voel van ons ons kort alweer vakansie.. My eie glas is darem half vol en nie half leeg nie. Alle grappies op ‘n stokkie..
Ons almal het gisteraand ons alarm gestel met die gedagte dat ons gaan opstaan…
Dit kan soms as hoop gesien word, maar meeste van ons verwag more oggend gaan daardie alarm af, vroeg.. en dan sug ons om op te staan en ons reg te kry vir die dag.
Ons vergeet sooo gou dat ons onverdiend nog ‘n jaar, nog ‘n maand, nog ‘n dag kry van die Here af.
Hierdie dinge word so vinnig as vanselfsprekend gesien- soos om
Om op te staan
Te loop na jou badkamer met bene wat werk
Die ketel te kan aansit met hande wat werk
Jou kinders wakker te maak wat gesond is
Jou middagete te pak want jy kan dit nog in Januworry bekostig
Jou vrou te help goed dra na haar kar of die kar te kan uittrek want jy het 4 wiele om van A na B te kom
En vele ander dinge
Toe ek in die hospitaal was met breinvliesontsteking het die woorde "I get to" verskriklik uitgestaan.
En van daar af probeer ek elke liewe dag so opstaan.
I get to wake up and take a breath
I get to wake up my loved ones
I get to go to work
I get to mark books
I get to drive home safely
I get to clean my house
I get to experience adventures or spend time with loved ones, friends and family
I get to....
Wanneer ons kies om só na dinge kyk is ons konstant dankbaar en ervaar mens al hierdie basiese dinge vir die seëninge wat dit werklik is. Mens voel gelukkiger en vervul om elke takie te verrig.
Tyd is nie vir ons belowe nie, ons word slegs herinner dat God ons genadig is en vir ons hierdie tyd op aarde leen.
Ek onthou nog, net toe ek net begin werk het, het Meneer Wepener een oggend iets in die personeelkamer gesê wat my oë laat rek het en my yskoud gelos het..
“Jy sal nooit ooit weer so jonk wees soos wat jy vandag is nie..”
Maak seker dat jy elke oomblik en druppel van tyd in dankbaarheid leef.. en dat jy eintlik werklik moeite doen om te "leef"
Jy weet nooit wanneer jou lewenskaart se limiet oorskry word en dit gaan "decline" nie.
Die belangrikste van alles is dat jy ook só na aan God lewe dat dit jou onsterflik gaan maak, jou liggaam gaan dalk dood, maar jou siel hou aan voortleef in die hemel.
Ek het ‘n kort gediggie geskryf vir 2025:
Mag ons in 2025 alles vier
Mag ons lag, dans en speel
Vergeet van alles materialisties en duur
Mag ons minder op sosiale media wees
En meer sosiaal
Vergeet van ons foon
En fisies sit en inneem elke mylpaal
Mag ons meer tyd he vir ander, insluitende onsself
Mag ons meer avonture tussen lyne lees
En braaf genoeg wees om ván dit uit te leef
Mag ons terugkeer na God en Hom loof en prys
Mag ons meer gesprekke met Hom voer
Mag ons vra dat Hy ons die pad wys
Mag ons struikelblokke gebruik om 'n sterk fondament te bou
Mag ons drukkies van ander net ekstra bietjie langer hou
Mag ons alles vanselfsprekend, deur nuwe oë sien
En besef dat dit net geleen is, en nie noodwendig wat ons verdien
Mag 2025 ons jaar wees
Waar ons groei in alle aspekte van die lewe en ook in gees
Dis jou keuse hoe jy na die begin van 2025 kyk
Ughhh, 'n nuwe jaar alles van voor af.
Of Wow, 'n nuwe jaar met alles van vooraf en soveel geleenthede wat wag
Liewe Here
Baie dankie dat ons vanoggend kon opstaan, dat ons asemhaal dat ons die voorreg het om al hierdie dinge wat ons so vanselfsprekend vat te kan doen.
Here, gee ons nuwe oë om in dankbaarheid alles om ons te kan raaksien.
Liewe Heer, ons vra ook dat U ons asseblief vurige passievolle krag en energie sal gee om 2025 ons jaar te maak.
Gee ons wysheid en leiding om ook so goeie rolmodelle vir die kinders te wees asook geduld om met moeilike ouers te werk.
Ons is so ongelooflik dankbaar vir alles wat U vir ons doen.
Ons vra hierdie dinge nie omdat ons dit verdien nie maar enkel en alleen uit U genade.
Amen